Trump verstom hom, sê Hawking
Die wêreldbekende fisikus Stephen Hawking, het talle teorieë die lig laat sien, onder meer oor swartgate in die heelal en kwantumgravitasie, maar één ding kan hy nie verklaar nie: Die meteoriese welslae wat Donald Trump behaal het in sy veldtog om as Republikeinse presidentskandidaat aangewys te word.
Hawking is deur die aanbieders van die TV-program Good Morning Britain gevra of hy Trump se sukses kan verklaar. “Ek kan nie,” het hy gesê.
Hawking, wat verlam is en kommunikeer met behulp van ’n pratende rekenaar wat hy met sy een wang aktiveer, het ook gesê Britte moet mooi dink voor hulle ten gunste van Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie stem.
In Wallis het Alec Ross, ’n raadgewer van Hillary Clinton toe sy minister van buitelandse sake was, Trump bestempel as “ ’n vulgêre, kranksinnige varkdemoon wat slegs gewild is onder gekastreerde middeljarige mans”.
Hy het ’n toespraak gelewer oor die nywerhede van die toekoms en gesê die toeganklikste nasies sal die suksesvolste wees.
“Amerika sal meer geslote word as Trump president word.
“Oop gemeenskappe beteken dat ekonomiese en maatskaplike vooruitgang nie die domein van uitgelese groepe is nie; dit beteken dat godsdienstige en kultuurnorme nie deur owerhede alleen bepaal word nie en dat die regte van onder andere vroue, godsdiens- en rasseminderhede gerespekteer word. Die nywerhede van die toekoms, soos die gekommersialiseerde genomika, sal in die oopste gemeenskappe gekonsentreer wees.”
Ook die Amerikaanse skrywer Lionel Shriver, veral bekend om haar boek We Need to Talk About Kevin, het haar onlangs oor Trump uitgelaat.
“Hy is so skurf dat hy ’n ongeloofwaardige karakter in ’n storie sou wees. Hy sal nooit in ’n boek kan werk nie. Ons het nog nooit so ’n onbevoegde, ongepoetste kandidaat in Amerika gehad nie. Ek is bevrees dit is ’n teken dat die kiesers nie meer ernstig is oor hul land nie.” - Netwerk24/Nampa/AP/ The Telegraph

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie