Turkye én VSA slaan die hakke in
President Erdogan het ’n beroep op sy landsburgers gedoen om Amerikaanse goedere – soos die Apple iPhone – te boikot.
Saamgestel deur Hanlie Stadler – Sowel pres. Tayyip Erdogan van Turkye as pres. Donald Trump van Amerika het Woensdag die hakke ingeslaan in die handelsoorlog tussen dié twee lande.
Dié dispuut het ontluikende markte sedert Vrydag in chaos gedompel het en die rand tot selfs R15,41 per dollar laat verswak.
Laat Woensdagaand het Erdogan ’n finansiële reddingsboei van Katar gekry. Die emir van Katar het belowe om $15 miljard in Turkye te belê.
Die stap gaan hoegenaamd nie Turkye se onmiddellike geldelike probleme oplos nie, maar het die lira met tot 6% teenoor die dollar laat versterk.
Turkye het Woensdag tariewe wat wissel van 50% tot 140% ingestel op Amerikaanse invoerprodukte, onder meer rys, alkohol, motors, tabak, grimering en steenkool.
Erdogan het ook ’n beroep op die Turke gedoen om Amerikaanse goedere – soos die Apple iPhone – te boikot.
Die Trump-administrasie het in reaksie gesê die vergeldende invoertariewe is ’n “stap in die verkeerde rigting”.
Die Withuis bly egter self strydlustig. Sarah Sanders, woordvoerder, het Woensdag gesê die VSA sal sý invoertariewe – van 25% op Turkse aluminium en staal – behou selfs al word Andrew Brunson vrygelaat.
Brunson is ’n Amerikaanse pastoor wat twee jaar gelede in Turkye in hegtenis geneem is omdat hy na bewering opponente van Erdogan se regering gehelp het. Brunson, wat al 20 jaar in Turkye ’n kerkie bedryf, hou vol hy is onskuldig.
Die VSA het sanksies ingestel teen twee Turkse ministers, Abdulhamit Gul van justisie en Suleyman Soylu van binnelandse sake, vir Brunson se vervolging.
Die Turkse lira het vanjaar al met 40% verswak te midde van monetêre en fiskale wanbestuur wat al voortsleep lank voordat die handelsoorlog met die VSA uitgebreek het. Turkye weier om sy rentekoers te verhoog al is inflasie naby 16%.
Die Internasionale Monetêre Fonds het ’n beroep op Turkye gedoen om gesonde ekonomiese beleid in werking te stel om stabiliteit te bevorder.
Turkye se minister van finansies hou Donderdag ’n konferensie-oproep met internasionale beleggers te midde van kommer dat die land nie sy skuld sal kan betaal nie.
Intussen het Erdogan Woensdag telefonies met dr. Angela Merkel, Duitse kanselier, gehad. Duitsland bied geen finansiële hulp aan nie, maar probeer gemoedere kalmeer. ’n Vergadering tussen die twee lande se ministers van finansies is glo bespreek.
Planne gaan voort vir Erdogan se staatsbesoek op 27 September aan Duitsland. Duitsland het heelwat immigrante van Turkye en is Turkye se belangrikste handelsvennoot, met bilaterale handel ter waarde van €37 miljard in 2017.
Nagenoeg 6 500 Duitse maaatskappye is in Turkye bedrywig en Turkye is die 16de grootste uitvoermark vir Duitsland – bo onder meer Japan en verskeie kleiner Europese lande.
Betrekkinge is egter gespanne, onder meer omdat ’n Duitse joernalis in ’n Turkse tronk aangehou word.
“Niemand wen deur die ekonomiese destabilisering van Turkye nie,” het Merkel dié week in Berlyn gesê.
Ontleders meen egter nie die beloofde beleggings van Katar of enige hulp deur Duitsland sal veel kan doen aan Turkye se onmiddellike geldelike krisis nie. – Bloomberg/Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie