Tussentydse raad vir RCC
Ronelle Rademeyer
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het 'n tussentydse raad by die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) aangestel nadat die enigste twee oorblywende direksielede sowat twee weke gelede midde die skandaal oor 'n kontrak aan 'n Chinese maatskappy bedank het.
Die tussentydse raad is van gister af vir 'n tydperk van ses maande aangestel.
Mnr. Orben Sibeya, 'n Windhoekse prokureur, is die nuwe voorsitter, met dr. Petrina Johannes as sy adjunk. Die ander lede is mnr. Werner Schuckmann, me. Delila Kalangula en mnr. Justice Hausiku.
Dít volg nadat die kabinetskomitee op algemene beleid en prioriteite vroeër vandeesmaand aanbeveel het die RCC se oorblywende twee direksielede, mnr. Fritz Jacobs en me. Elsie Skrywer, moet onmiddellik afgedank word.
Hulle het beide kort daarna hul bedankings ingedien.
Die RCC het onder Jacobs se voorsitterskap in April vanjaar 'n reddingsboei-kontrak met 'n Chinese maatskappy gesluit om geregtelike bestuur te systap. Dit is sonder Mutorwa se medewete en sonder die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, se insae gedoen.
Die kontrak vir “finansiering en tegniese ondersteuning” van N$580 miljoen is met China se Jiangsu Nantong Sanjian Construction Group aangegaan.
Dié staatsbeheerde Chinese konstruksiemaatskappy sou in ruil hiervoor toegang tot nasionale padbouprojekte van sowat N$2 miljard kry.
'n Woedende Mutorwa het die kontrak in Mei, ná konsultasie met Kawana en die regering, ongeldig verklaar.
Intussen het Mutorwa die naweek by navraag gesê die hofaansoek om die bankrot RCC onder geregtelike bestuur te plaas, sal ingedien word sodra die wet op geregtelike bestuur in die parlement ter tafel gelê en aanvaar is.
Dit sal na verwagting tydens die huidige sitting van die parlement geskied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie