TV-aanbieders veg terug teen Trump
TV-aanbieders veg terug teen Trump

TV-aanbieders veg terug teen Trump

Amerika
NAMPA
Die aanbieders van die TV-program “Morning Joe”, Joe Scarborough en Mika Brzezinski, sê pres. Donald Trump het in 'n twiet gelieg oor hul ontmoeting in Desember verlede jaar.
Hulle sê ook sy “ongesonde obsessie” met die program hou niks goed vir sy geestesgesondheid of die land in nie.
In Trump se uitlatings op Twitter beskryf hy Brzezinski as “mal” en sê sy het “ná 'n gesigsontrimpeling sleg gebloei” toe hy hulle by sy Florida-landgoed gesien het.
Brzezinski sê sy is geskok oor hoe die president vroue wat van hom verskil, behandel. Sy meen haar tergery oor 'n berig in die Washington Post oor vals Time-tyd­skrif voorblaaie met Trump se gesig daarop wat in sy gholflandgoede hang, het die jongste aanval op Twitter uitgelok.-Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!