Twee by smelter beseer
Twee by smelter beseer

Twee by smelter beseer

'n Werknemer van die smelter op Tsumeb is 'n week gelede ernstig in 'n ontploffing beseer.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Ontploffing het verlede week by Dundee Precious Metals (DPM) op Tsumeb se primêre smeltoond plaasgevind. Volgens die maatskappy het die voorval Dinsdag by sy Ausmelt-aanleg plaasgevind, toe dit ná roetine-instandhoudings­werk weer aangeskakel is.

In reaksie op vrae wat aan die maatskappy gestuur is, is in 'n verklaring gesê twee werknemers is beseer en ontvang die gepaste versorging.

Mnr. Zebra Kasete, Dundee Precious Metals se visepresident en besturende direkteur, sê in die verklaring ondersteuning sal aan die beseerdes en families gebied word om “vinnige en volle herstel” te verseker.

Volgens Kasete word die oorsaak en die omvang van die skade van die “voorval” ondersoek en is die reguleerder dienooreenkomstig ingelig.

Kasete doen 'n beroep op die maat­skappy se werksmag om waaksaam in die handhawing van veilige werkspraktyke te bly.

“Ons werknemers en plaaslike gemeenskappe se gesondheid en veiligheid is van die grootste belang en daarom moet veiligheid elkeen se nommer een waarde bly,” het hy tydens vergaderings oor veiligheid met personeel gesê.

Kasete het verlede week 'n dag ná die voorval in 'n omsendbrief aan werknemers en kontrakteurs gesê een werknemer het brandwonde opgedoen en is na Windhoek vervoer waar hy in 'n stabiele toestand verkeer.

'n Tweede werknemer het ligte snywonde aan sy gesig opgedoen en is ná behandeling uit die hospitaal ontslaan.

'n Bykomende vier werknemers het noodbehandeling by die kliniek op die perseel ontvang. Kasete het ook onderneem om verdere inligting bekend te maak soos dit be­skikbaar word.

Volgens hom word ondersteuning en traumaberading aan al die geraaktes gebied. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!