Twee gevierde SA skrywers kom Woordfees toe
Vir woordvrate is die gesprekke met bekende, geliefde en bekroonde skrywers jaarliks dié hoogtepunt op die Windhoek Woordfees se program.
Wanneer die groot name in die Afrikaanse boekewêreld regskuif op die nou reeds bekende rooi stoele van die Woordfees, weet feesgangers daar gaan lékkerrrr gesels word.
En vanjaar se fees sal nie teleurstel nie.
Vir die eerste keer kom ’n hele klomp plaaslike digters en skrywers hulle woorde inweeg by die Skrywergesprekke. (Sien die berig hiernaas.)
Aanhangers van Sophia Kapp, bekroonde skrywer van liefdesromans, gaan die kans kry om aan dié gewilde skrywer se lippe te hang.
En moenie ’n bedonnerde diva verwag nie. Ná elf liefdesromans en verskeie vervolgverhale, kortverhale en rubrieke is hierdie voorste kampvegter vir Afrikaans se voete plat op die aarde.
Kapp is ook sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is verder ook betrokke by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) as senior taaladviseur.
Oor dié rol, en haar passie om die taal via die kuberruim vir gewone mense toeganklik te maak, sal Kapp ook in die Filosofiegesprek tydens die fees gesels. Hou Kollig dop vir meer hieroor.
Die ander gewilde skrywer wat wat sy plek op die rooi stoel gaan in neem om op die man af te gesels, is André le Roux.
Dié deurwinterde skrywer en joernalis is veral gewild vir sy rubrieke in Sarie, en die gebundelde weergawes daarvan: Op die man af en Op die vrou af 1 en 2.
Le Roux is egter baie meer as net rubriekskrywer. Met Struisbaai-Blues (1977) het hy as digter gedebutteer en met sy novelle en kortverhaalbundel Te hel met Ouma (1980) en Sleep vir jou ’n stoel nader (1987) as prosaïs ’n gerekende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer.
Soos sy debuutdigbundel, “Struisbaai-blues”, is “Te hel met ouma” ook ’n tyd lank weens die destydse streng sensuurwette verbied.
Sy bundel Op die vrou af (2004) is ook in musiekteater verwerk deur Hennie van Greunen. Met Pedro Kruger en Sarah Theron in die hoofrolle is dit by kunstefeeste en elders in Suid-Afrika opgevoer en deur nie minder nie as 80 000 teatergangers gesien.
’n Tweede verhoogverwerking met Pedro Kruger en Jolette Odendaal was in 2009 die tweede gewildste produksie by die KKNK op Oudtshoorn.
Die nie-fiksie boeke uit sy pen sluit in Kan ek maar aan jou selluliet vat? Hoe mans se koppe werk (indien wel) (2010), en Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste (2017).
Maak seker jy koop 'n kaartjie vir Skrywersgesprekke wat op Saterdag 4 Augustus by Maerua Rooftop aangebied word. Die gesprek met Kapp, 09:15 – 10:00, word gelei deur dr. Chrisna Beuke-Muir terwyl Ronelle Rademeyer van 12:15 – 13:00 met Le Roux gaan gesels.
Besoek www.windhoekwoordfees.com vir die volledige program en aanlyn-kaartjieverkope.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie