Twee in hof oor Bethanie-moord
Twee in hof oor Bethanie-moord

Twee in hof oor Bethanie-moord

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die twee vermeende moordenaars van mnr. Jakob Riekert (63) van ­Bethanie het gister in die Suidedorp se ­landdroshof verskyn.

Die moordsaak teen mnre. Gerrit Booysen (31) en Jacob Tack (34) is tot 4 Maart uitgestel.

Volgens hoofinspekteur Coleen Brandt van die ||Kharasstreek het die bure van die oorledene die oggend van 5 Januarie 'n slegte reuk van sy huis in erf 61 in die Riverside-­lokasie opgemerk.

“Die polisie is ingelig en hulle het die oorledene se lyk met ­vermoedelik steekwonde gevind. Volgens getuies en die bure het hulle gesien hoe die twee beskuldigdes met Riekert op ­Nuwejaarsdag in 'n argument ­betrokke was,” het Brandt gesê.

“Booysen is in hegtenis geneem, maar die polisie het 'n soektog na Tack van stapel gestuur. Hy is later op 'n plaas in die Bethanie-omgewing ­vasgetrek,” het Brandt bevestig.

Sy het gesê 'n nadoodse ondersoek moet nog in Windhoek uitgevoer word om die oorsaak van Riekert se dood te bepaal.

Nóg 'n moord is in die Suide gepleeg. Sondag tussen 12:00 en 13:00 op die plaas Konkiep Wegdraai naby die ­Visrivier-canyon in die Karasburg-distrik is me. Willemina Dreyer (42) glo deur haar 62-jarige voormalige kêrel vermoor.

Hy het haar glo met 'n mes in die nek en bors gesteek waarna sy op die toneel gesterf het. Die verdagte is in hegtenis geneem en die polisie­ondersoek duur voort.

Die liggaam van mnr. Hafunda ­Helasitus Hingashipola (29) is Saterdag omstreeks 13:00 in 'n oop veld in die Omakango-nedersetting naby ­Ondangwa gevind.

“Hy het kneusplekke aan sy gesig en bloed aan sy neus gehad,” lui die ­misdaadverslag.

Die voorval spruit uit 'n geveg tussen hom en twee verdagtes (albei 24) die vorige nag by die Push and Pull-kroeg in die Omakango-nedersetting.

“Hingashipola het glo die twee mans na hul huis gevolg en die geveg is met stokke voortgesit. Hy het glo die twee daarvan beskuldig dat hulle sy USB-stokkie met sy musiek op gesteel het,” lui die verslag.

“Ná die geveg het hy 'n ent geloop, geval en gesterf. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem.”

'n Dertigjarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op mnr. Shali Kondjeni (40) van die Onanyanga-nedersetting in die Otamanzi-kiesafdeling nadat hy hom glo met 'n skerp voorwerp in die borskas, ribbe en linkerarm gesteek het.

Die voorval het omstreeks 23:00 plaasgevind toe die oorledene en sy vrou hul cuca-winkel in die Oshetu-lokasie gesluit het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!