Twee Maleisiu00ebrs verlaat Noord-Korea
Twee Maleisiu00ebrs verlaat Noord-Korea

Twee Maleisiërs verlaat Noord-Korea

Werknemers van die Verenigde Nasies is toegelaat om Noord-Korea te verlaat, midde spanning tussen dié land en Maleisië.
Estelle de Bruyn
Die Maleisiese regering is besig met onderhandelinge sodat 'n reisverbod in Noord-Korea opgehef word.

Nege van die land se burgers is nog in Noord-Korea vasgekeer nadat twee Maleisiese werknemers van die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselprogam (WFP) gister toegelaat is om die land te verlaat.

Noord-Korea het Maleisiërs Dinsdag verbied om die land te verlaat wat 'n “tik jy my, dan pik ek jou”-reaksie deur Maleisië uitgelok het. Dit kom midde toenemende diplomatieke spanning tussen die twee lande oor die ondersoek in Kuala Lumpur na die moord van Kim Jong Nam, die vervreemde halfbroer van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un.

Die nege oorblywende ­Maleisiërs is by die Maleisiese ambassade in Pjongjang en nie in staat om die land te verlaat nie.

Die twee WFP-werknemers het gister in Beijing aangekom.

Die VN het vir kalmte tussen Maleisië en Noord-Korea gevra en die lande aangemoedig om hul verskille deur “vasgestelde diplomatieke praktyke” te besleg.

Kim Jong Nam is op 13 ­Februarie op die Internasionale Lughawe Kuala Lumpur vermoor toe twee vroue VX-gif aan sy gesig gesmeer het. Die VN klassifeer VX as 'n wapen van massa­vernietiging.

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!