Twee nuwe haaie vir Swakopmund-akwarium
Twee nuwe haaie vir Swakopmund-akwarium

Twee nuwe haaie vir Swakopmund-akwarium

Die nasionale mariene akwa­rium op Swakopmund het einde verlede week twee gevlekte geelhaaie (Triakis Megalopterus) ryker geword.

Die haaie, in die volksmond as ­spotties bekend, is deur mnre. Grumpy Gramowski en Donavin Bezuidenhout voor die akwarium gevang.

Die spottie wat al jare in die akwarium woon, is beseer en in kwarantyn geplaas.

Gramowski, van Outdoor Centre, en die Benguella-hengelklub is genader om nuwe gevlekte geelhaaie te vang.

Gramowski, Bezuidenhout en mnr. Dries van Zyl het die haaie voor die akwarium gevang sodat hulle nie blootgestel sou wees aan die stres wat hul vervoer na die akwarium sou meebring nie.

“Ons het twee spotties van sowat 10 kg elk gevang, die hoeke vinnig uitgehaal, die visse na die akwarium gedra en hulle sonder baie stres in die water vrygelaat,” het Gramowski gesê.

“Gaan ondersteun die akwarium. Die toegang is goedkoop en hulle doen uitstekende werk.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!