Twee Oseane su00ea jammer oor water, medaljes
Twee Oseane su00ea jammer oor water, medaljes

Twee Oseane sê jammer oor water, medaljes

Padwedlope
Sarel van der Walt



Die organiseerders van die afgelope naweek se 50ste Twee Oseane-wedloop in Kaapstad het atlete Woensdag verskoning gevra omdat daar nie genoeg water vir almal teen Ou Kaapse Weg in dié ultra-wedloop oor 56 km was nie.

Die organiseerders sit ook met rooi gesigte omdat daar nie genoeg medaljes vir die halfmarathon was nie.

Hulle het in twee afsonderlike verklarings onvoorwaardelik verskoning gevra.

Die water was nie in sakkies nie, omdat dit 'n voorwaarde was van Sanparke, wat die omgewing om Ou Kaapse Weg (tussen die 26 km- en 36 km-merk) bestuur. Dit was in koppies.

Volgens die organiseerders is hul beplanning volgens die statistieke van vorige jare gedoen. Ongelukkig het baie van die water glo gemors toe dit in die koppies gegooi is.

Hulle het ook die behoefte aan water teen dié moordende opdraande onderskat, het die organiseerders erken.

Die roete van die wedloop moes weens moontlike betogings op die roete deur Houtbaai skaars 36 uur voor die begin van die wedloop verander word. As gevolg hiervan moes die deelnemers toe via Ou Kaapse Weg hardloop.

Die organiseerders het ook verskoning gevra omdat daar in die laaste nege minute van die halfmarathon nie meer medaljes oor was nie.

Bruce Fordyce (63), die Comrades-koning wat sy 32ste Twee Oseane in 7:18:46 voltooi het, het ná die wedloop gesê as hy vooraf geweet het dat hy nie meer oor Chapmans­piek sou kon hardloop nie, maar oor Ou Kaapse Weg, sou hy waarskynlik verkies het om by die huis te bly.

“Ou Kaapse Weg is taai,” het die negemalige Comrades-wenner gesê.

Die organiseerders het ook verskoning gevra omdat daar in die laaste nege minute van die halfmarathon nie meer medaljes oor was nie.

Die organiseerders sal in die volgende dag of twee met almal wat nie medaljes ontvang het nie, in verbinding tree om reëlings te tref om dit aan hulle te besorg.

Atlete wat nie gekontak word nie, kan 087 740 5260 skakel. Sowat 16 000 atlete het aan die halfmarathon deelgeneem.

Twee Oseane-ondersteuners was ook omgekrap omdat die wedloop nie regstreeks op televisie gewys is nie.

• Die ultra-marathon sal onthou word vir die blink vertonings van Bongmusa Mthembu (mans) en Gerda Steyn (vroue) en die halfmarathon vir die oorwinnings van Elroy Gelant (mans) en Helalia Johannes van Namibië, wat 'n nuwe roeterekord van 1:10:29 opgestel het.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!