Twee verkragtingsklagte teen onderwyser
’n Onderwyser van Jan Möhr Sekondêre Skool, mnr. Nathanael Kamatuka (53), het vanoggend op twee klagte van verkragting in die Windhoek-landdroshof verskyn.
Die klaers is ’n 19-jarige leerling van die skool, asook ’n minderjarige.
Staatsaanklaer Rowan van Wyk het borgtog heftig teengestaan.
Landdros Samunzala Samunzala het gelas Kamatuka bly in aanhouding en die saak tot 5 Maart vir verdere polisieondersoek uitgestel, asook vir die beskuldigde om regsverteenwoordiging te bekom.
Foto: Mnr. Nathanael Kamatuka (53) trek sy Jan Möhr-gholfhemp oor sy kop in die Windhoek-landdroshof. Foto Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie