Twee vermeende renosterstropers vas
Twee vermeende renosterstropers vas

Twee vermeende renosterstropers vas

Altesaam 15 verdagtes van wildmisdaad is verlede week in hegtenis geneem.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Blue Rhino-taakspan en die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne het twee vermeende renosterstropers in die Otjiwarongo-distrik vas­getrek.

Beslag is op mnre. ­Hamutenya Mateus en Muhunguko John se 303-jaggeweer en 12 patrone gelê.

Volgens die eenheid vir ­beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing en toerisme se ­intelligensie en -ondersoekspan se ­weeklikse wildmisdaadverslag is ­altesaam 15 vermeende wildmisdadi­gers in ­hegtenis geneem en is 10 nuwe sake aanhangig gemaak.

Drie vuurwapens, 12 patrone en een voertuig wat in die beweerde ­voorvalle gebruik is, is verlede week gekonfiskeer.

Beslag is op verskeie ­wildprodukte, soos ses stukke ivoor, twee olifant­tande, drie gemsbokke, drie ietermagôvelle, twee impalas en een buffel, duiker en vlakvark gelê.

Drie uit die 15 verdagtes is Zambiërs en een is 'n Angolese burger.

Die drie Zambiese burgers is almal in die Noordooste in hegtenis geneem: Mnr. Lipalala Wisdom is verlede Dinsdag glo met 'n ietermagôvel op Katima Mulilo vasgetrek; mnr. Muyambango Morgan verlede Woensdag by Ngoma glo met 'n vlakvark en 'n duiker, en mnr. Rector ­Silishebo ook verlede Woensdag by Ngoma glo met twee impalas.

Die Angolese burger mnr. Tomas Mbinge is verlede Vrydag glo met twee ietermagôvelle in sy besit in Wanaheda in die hoofstad in hegtenis geneem.

Op Okahao is mnr. Tjipee Herunga Saterdag na bewering met twee ­olifanttande en drie stukke ivoor vasgetrek en mnr. Haiyambo Lukas verlede Maandag glo met een stuk ivoor op Kahenge.

Mnre. Sabutapwi Kehelesi, Chelezo Oscar en Francis Matiti is verlede Donderdag op Katima Mulilo in verband met die onwettige jag van 'n buffel in hegtenis geneem.

'n Haelgeweer is gekonfiskeer.

In nóg 'n voorval van vermeende onwettige jag is mnre. Max Dixon en Eugene Gruner by Usakos na wat verneem word met drie gemsbok­karkasse vasgetrek.

Beslag is op 'n voertuig en 'n 30-06-jaggeweer gelê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!