Twee vroue keelaf gesny
Twee vroue keelaf gesny

Twee vroue keelaf gesny

Geslagsgeweld het nóg slagoffers in die land geëis.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe - Die polisie in die Ohangwenastreek ondersoek ’n dubbele moordsaak nadat ’n 29-jarige man Vrydag glo die ma van sy twee kinders en haar suster onthoof het, waarná hy selfmoord gepleeg het.

Volgens die polisiewoordvoerder van die Ohangwenastreek, ao. Abner Itumba, het die voorval omstreeks 15:30 in die Omahenge-nedersetting plaasgevind toe die verdagte, mnr. Samuel Venondubo, glo die twee vroue met ’n panga aangeval het.

Die slagoffers is as die susters mee. Ndamonghenda Nafuka (23) en Martha Nafuka (32) geïdentifiseer. Hulle is albei van die Oshaango-nedersetting, terwyl die verdagte van die Onandete-nedersetting is.

“Die verdagte het die twee vroue aangeval. Hy het eers die jongste vrou se arm met ’n panga gekap en haar daarná keelaf gesny,” het Itumba gesê.

“Terwyl hy dit gedoen het, het die ouers suster weggehardloop en hy het haar agternagesit. Hy het haar rug en kakebeen met die panga gekap en haar keelaf gesny. Daarná het hy ’n ent wegbeweeg en homself met ’n draad gehang.”

Terwyl dit nog nie bekend is waarom die verdagte die grudaad gepleeg het nie, het Itumba gesê hy het Ndamonghenda, by wie hy twee kinders het, glo ’n paar dae tevore met ’n stok geslaan, waartydens haar arm gebreek het.

Die polisieondersoek duur voort.

BEAMPTE VANDAG IN HOF

In ’n onverwante saak het ’n Walvisbaaise polisiebeampte verlede Donderdagnamiddag sy eksmeisie op Kuisebmund, Walvisbaai na bewering gewond, berig Leandrea Louw.

Hy sal vandag in die hof op ’n klag van poging tot moord verskyn.

Die slagoffer is in ’n stabiele toestand in die Katutura-staatshospitaal in Windhoek.

Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die voorval omstreeks 16:20 plaasgevind.

Die polisiebeampte het die 22-jarige vrou met sy dienspistool glo in die bors en twee keer in die arm geskiet.

“Op dieselfde dag het die slagoffer ’n saak van aanranding onder die wet op huishoudelike geweld teen hom aanhangig gemaak. Die saak is ten tyde van die voorval ondersoek. Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy homself by die polisiekantoor by Walvisbaai se hawe oorgegee het,” het Iikuyu gesê.

“Die slagoffer is aanvanklik in ’n kritieke, maar stabiele toestand na die Walvisbaai-staatshospitaal geneem, en daarna na Windhoek vir verdere mediese behandeling oorgeplaas.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!