Twee vroue pleit onskuldig op moordklagte
Maleisië
Twee vroue wat teregstaan vir die sluipmoord op die vervreemde halfbroer van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, het gister in 'n Maleisiese hof onskuldig gepleit.
Siti Aisyah (25) van Indonesië en Doan Thi Huong (28) van Viëtnam word daarvan beskuldig dat hulle Kim Jong-nam vermoor het deur VX, 'n chemiese gifstof wat deur die Verenigde Nasies verban is, op 13 Februarie op Kuala Lumpur se lughawe aan sy gesig gesmeer het.
Die polisie het ook vier Noord-Koreaanse verdagtes geïdentifiseer. Interpol het 'n rooi kennisgewing, 'n internasionale versoek om hulp met die opspoor en voorlopige arrestasie van 'n persoon, teen die Noord-Koreane uitgereik. Hulle is nog op vrye voet.
Staatsaanklaers sê die vier Noord-Koreane het die beskuldigde vroue met verskeie oefenlopies vir die aanval gehelp. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie