Twee weermaglede sterf in ongeluk
Twee lede van die Namibiese weermag is vanoggend dood, nadat die bestuurder van die bakkie beheer verloor en dit by Elim in die Omusatistreek die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die woordvoerder van die NDF, lt.kol. Petrus Shilumbu was die bakkie van die Zone 4-padblokkade na Elim onderweg. Nog vier passasiers is met ernstige beserings in die staatshospitaal op Oshakati opgeneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie