Tweede man vas oor Londen-treinbom
Tweede man vas oor Londen-treinbom

Tweede man vas oor Londen-treinbom

'n Tweede man is laat Saterdagaand in verband met die ontploffing van ’n tuisgemaakte bom Vrydag op ’n trein in Londen in hegtenis geneem nadat 'n 19-jarige tiener vroeër die dag in die hawestad Dover vasgetrek is.

Die Londense polisie het gister gesê 'n 21 jarige man is in Hounslow in in westelike Londen ingevolge terrorismewetgeing inhegtenis geneem.

Albei mans is nou in polisieaanhouding en Brittanje se terreurvlak is "kritiek" - op die hoogste vlak wat beteken owerhede glo nóg 'n aanval is onvermydelik.

Die 18-jarige man is Saterdag in Dover, ’n hawestad, gevang in wat die polisie ’n “belangrike ontwikkeling” noem in die soektog na die bomplanters. Dit is een van Brittanje se grootste poorte na Europa. Die polisie het sy inhegtenisneming as ’n belangrike deurbraak bestempel.

Die bom het Vrydagoggend op ’n pendeltrein op die Parsons Green-stasie in Londen ontplof en 30 mense beseer.

Die man is in hegtenis geneem ingevolge terroristewetgewing, sê die polisie in ’n verklaring.

“Hoewel ons tevrede is met die vordering wat ons gemaak het, bly die gevaarvlak kritiek,” het kommissaris Neil Basu, adjunkassistentkommissaris van die metropolisie, luidens BBC News gesê.

Dit was die vyfde terreuraanval in Brittanje in ses maande. Die vorige vier aanvalle was in Londen en Manchester. In drie daarvan is daar met ’n voertuig in voetgangers vasgery. Daar is altesame 35 mense in die aanvalle dood.

Die 18-jarige man is vroeër in die hawe van Dover in hegtenis geneem.

Soldate en gewapende polisiebeamptes is steeds ontplooi om strategiese plekke te beskerm.

Die polisie het reeds met 45 ooggetuies gepraat en 77 foto’s en video’s van die publiek gekry. - Netwerk24/News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!