Tweejarige verdrink by bure
Die polisie en boere van Kalkrand het die naweek 39 gesteelde skape teruggevind en drie mans is in verband met veediefstal in hegtenis geneem.
Francoise Steynberg - 'n Tweejarige meisie het Saterdag in die Onniwe-nedersetting naby Onayena in die Oshikotostreek in 'n waterpoel by haar bure verdrink.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die meisie, Nangula Angula, die huis omstreeks 07:00 verlaat en is sy later dood in 'n waterpoel in die bure se erf gevind. Die polisieondersoek duur voort.
In die Olupumbu-nedersetting, naby Oshakati in die Oshanastreek, is 'n 66-jarige pensioenaris glo deur 'n 23-jarige man in haar slaapkamer verkrag.
"Die verdagte het die vrou na bewering in haar slaapkamer aangeval en haar met 'n stuk yster oor die kop geslaan voor hy haar verkrag het," lui die misdaadverslag.
Die verdagte is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.
Mnr. Jose Bernardo (37) is Saterdag omstreeks 00:50 by die Groovy Bar in Vyfdestraat op Tsumeb met 'n mes doodgesteek.
"Na wat verneem word het 'n argument tussen Bernardo en die verdagte uitgebreek voor Bernardo in die bors gesteek is. Hy het op die toneel gesterf," sê die polisie.
Die verdagte is in hegtenis geneem en beslag is op die moordwapen gelê. Die polisieondersoek duur voort.
MAN IN KOP GESKIET
'n Klag van poging tot moord word teen 'n 49-jarige man ondersoek en beslag is op 'n pistool gelê nadat 'n 25-jarige man Vrydagaand in Wanaheda in die kop geskiet is.
Die voorval het omstreeks 23:00 in Omavapustraat in Ombili in die Wanaheda-woonbuurt in die hoofstad plaasgevind.
"Terwyl die slagoffer en sy vriend glo in die straat gestaan het waar onbekende mense baklei het, is die slagoffer glo uit 'n voertuig geskiet wat verby gery het," lui die misdaadverslag.
Die slagoffer is in 'n kritieke toestand in die Katutura-staatshospitaal opgeneem.
"Die voertuig is deur getuies geïdentifiseer en 'n 49-jarige man is in hegtenis geneem."
Die polisieondersoek duur voort.
OLIFANTKARKAS GEVIND
'n Olifantkarkas met sy tande is Saterdag in die bosse in die Okavare-nedersetting naby Omuramba in die Otjozondjupastreek gevind.
"Tydens die ondersoek van die karkas is 'n koeëlpunt daarin ontdek. Die olifant is vermoedelik elders geskiet en het in dié gebied gevrek," sê die polisie.
Hul ondersoek duur voort.
Op die plaas Bisport naby Kalkrand in die Hardapstreek is 39 skape gesteel.
Volgens die polisie se misdaadverslag is die veediefstal Vrydagmiddag by hulle aangemeld en ná goeie samewerking tussen boere en die polisie is al die skape gevind en drie mans in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie