Tydelike tuiste vir swanger vroue op Gobabis
Die doel hiervan is om die gesondheid van swanger vroue en kinders te bevorder, en terselfdertyd struikelblokke te identifiseer.
AB InBev Namibia het met die hulp van sy Omaheke Trust Foundation N$300 000 geskenk wat gebruik gaan word om die Lady Pohamba-gesondheidsgerief vir swanger vroue op Gobabis verder uit te brei.
Die oprigting van dié tydelike tuiste vir swanger vroue val onder die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se program vir die vermindering van baba- en kindersterftes.
Dit het ten doel om die gesondheid van swanger vroue en kinders te bevorder, en terselfdertyd struikelblokke te identifiseer.
VERMINDER KOMPLIKASIES
Die tydelike tuiste vir swanger vroue op Gobabis poog om dié vroue toegang tot veilige verloskundige dienste te bied en sodoende swangerskap- en kraamverwante komplikasies te verminder, wat tot die ma of kind se dood kan lei.
Volgens mnr. Jermia Shikulo, direkteur van gesondheid in die Omahekestreek, huisves die sentrum swanger vroue wat ver moet reis of wat nie verblyf naby gesondheidsdienste het nie.
Volgens 'n verklaring poog AB InBev Namibia deur sy Better World-strategie en truststigtings om die lewenstandaard van gemeenskappe op te hef waar dit sake doen.
In 2016 het die AB InBev Namibia Omaheke Trust die rehabilitering van die Wenni du Plessis- Beroepsgerigte Tegniese Blok geborg om beroepsgerigte onderwys in die land te ondersteun.
Volgens me. Maija-Lisa Hangala, hoof van die maatskappy se regs- en korporatiewe aangeleenthede, behels die bou en rehabilitasie van geriewe 'n vennootskap tussen die regering, die private sektor en die betrokke gemeenskap.
“Dit is beleggings wat die toets van tyd deurstaan en verder help om die volhoubaarheid en ontwikkeling van die Omahekestreek en die land as geheel te ondersteun,” het sy gesê.
Die streek se goewerneur, mnr. Festus T. Ueitele, het op sy beurt gesê die regering kan nie in al die behoeftes van die hele land se inwoners voorsien nie.
“Die behoeftes van ons mense is baie, en in die lig hiervan moet die private sektor en die regering kragte saamsnoer om sosioëkonomiese ontwikkeling te verskaf aan dié wat dit nodig het,” het Ueitele gesê.
Sedert die opening van die aanvangsfase van die sentrum in Februarie vanjaar het 115 ma's hulp hier ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie