Tydsones is daar met 'n rede
BERTIE LIEBENBERG VAN OTJIWARONGO SKRYF:
Dit is belangrik dat mense weet hoe “Greenwich Mean Time” werk.
Reeds in 1884 is GMT aanvaar en in Washington in die VSA het lande ooreengekom op die skepping van 24 tydsones.
'n Sirkel het 360 grade en as dit deur 24 (ure per dag) gedeel word, dan kry jy 15. Op elke 15de lengtegraad verskil die tyd dus met 'n uur.
Gaan na jou atlas (of kyk voor in jou telefoongids) en kyk deur watter lande die 15de en 30ste lengtegrade loop. Die 15de lengtegraad loop deur Namibië (Fransfontein en Lüderitz) en die 30ste lengtegraad loop deur Kwazulu-Natal in Suid-Afrika.
Liewe lesers, as julle nou begin redenasies aanvoer dat Namibië, met sy eie tydlyn, dieselfde tyd moet hê as die RSA oor finansiële redes, of kinders wat in die donkerte skool toe moet gaan, dan sit julle die pot mis. Dit moet gaan oor aardrykskundige feite.
Byvoorbeeld ie VSA, Australië en Rusland het meer as een tydsone en tog kla hulle nie oor besigheidsure wat verlore gaan nie. Ja, ek stem saam as die tyd korrek is, dan sal die kindertjies nie in die donkerte skool toe moet gaan nie.
Twee keer per jaar is die dag en die nag ewe lank – rondom 22 Maart en 22 September. Dan behoort die son 06:00 op te kom en 18:00 onder te gaan. Middag (as die son op sy hoogste is) moet 12:00 wees en middernag om 24:00. Die son kom nou in Namibië ongeveer 07:00 op en gaan ongeveer 19:00 onder. 'n Hele uur laat. En die son is tog nie laat nie – dis ons horlosies wat te vroeg is.
Ons moet ook ons terminologie regkry. Daar bestaan nie so iets soos “wintertyd” nie. Ons “wintertyd” is die korrekte tyd – soos in alle lande ter wêreld. Waarom dan somertyd? (“Summer Time or Daylight Saving Time”)? Dis bloot om 'n uur meer sonlig te benut.
Soos Benjamin Franklin dit in die Paris Journal (1784) gestel het: “People would sleep through good sunlight and then waste candles and lamp oil playing cards all night.”
Ons is reeds ingeskakel by die res van die wêreld deur eerstens 'n korrekte tyd te hê, en tweedens by baie lande in die wêreld om 'n energiebesparende tyd oftewel somertyd te hê. Kom ons bly ingeskakel by die res van die wêreld.
Vir diegene wat kla omdat hulle in die winter niks buite kan doen na werk nie – verhuis na
enige ander land, daar sal jy ook niks buite kan doen na werk nie.
Vat jou Bybel of koop Republikein en lees die winteraande om.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie