Tyson dink niks van Nakathila se kanse

Die Namibiër se grootste toets nóg breek op 12 Junie in Las Vegas aan.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Namibië se “globale” superveergewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie (WBO), Jeremiah “Low Key” Nakathila, kry uiteindelik op 31-jarige leeftyd die kans om vir die WBO se tussentydse wêreldtitel deur die toue te klim.

Nakathila (22 oorwinnings, 17 uitklophoue, een nederlaag) het sy huidige WBO-titel in die 59 kg gewigsklas op 12 Desember 2020 in die hoofstad verower toe hy Emmanuel Amos van Tanzanië in die tweede ronde uitgeslaan het.

Sy promotor, Nestor Tobias van die MTC Sunshine-boksakademie, meen sy bokser is meer as gereed om die Amerikaanse hotklou Shakur “Fearless” Stevenson op 12 Junie in Las Vegas te pak.

Ná sy laaste geveg het Tobias gesê: “Nakathila het gewys hy is waardig om vir die wêreldtitel te veg. Hy is slim, vinnig en sterk. Niks en niemand kan hom keer om die wêreld te wys hy is een van die bestes nie.”

Stevenson (23), wat sover met 15 onoorwonne gevegte en agt uitklophoue op sy getuigskrif spog, het ook op 12 Desember 2020 vir Toka Kahn Clary (28) van die VSA met 'n eenparige puntebeslissing oor tien rondes in Las Vegas geklop. Clary is geen hierjy nie – hy het 28 oorwinnings en 19 uitklophoue agter die rug gehad, terwyl hy net vir die derde keer verloor het.

Stevenson het onmiddellik op 'n wêreldtitelgeveg teen Oscar Valdez van Mexiko aangedring, maar Valdez het nie belang gestel nie. Ook nie Jamel Herring, WBO-wêreldkampioen van die VSA, wou aan Stevenson se uitdaging gehoor gee nie. In stede van 'n wêreldtitelgeveg, is hy Nakathila aangebied, wat laer op die WBO-wêreldranglys lê.



'GENOEG MET DIE KAFPRAATJIES'

Die Namibiër soek al vir 'n geruime tyd Herring se bloed, maar die WBO se nommer twee uitdager kry hy nou eindelik sy kans om by Stevenson verby te kom en dan sy stem dik te maak vir 'n geveg teen die titelhouer.

Nakathila het gesê: “Herring verdedig nou sy titel teen die Brit Carl Frampton. Ons almal weet hy was veronderstel om my te trotseer. Ek gaan nie langer rondsit en vir hom wag nie. Daarom stuur ek 'n duidelike uitdaging aan Herring en Stevenson die tyd het aangebreek om teen my te veg.

“Hulle kan beweer hulle weet nie veel van my nie, maar al wat tel, is my rekord. Kom ons stop die kafpraatjies en bring die werklike gevegte vir die ondersteuners soos hulle wil hê. Ek is gereed om myself te bewys, want ek is vir niemand bang nie.”

Stevenson word deur die WBO en Wêreldboksraad (WBC) as hul nommer 1 aanspraakmaker op die wêreldtitel gereken, terwyl Low Key al vir lank hoog deur die WBO se gelys word. Low Key was nommer drie totdat hy Amos uitgeslaan het.

Mike Tyson, die oudswaargewigkampioen van die wêreld, reken egter Nakathila hoort nie in dieselfde kryt as Stevenson nie.

Stevenson was 'n besoeker op Tyson se Hotboxin-program waar hulle saam na video-hoogtepunte van Nakathila se loopbaan gekyk het.

Tyson het toe gesê: “As hierdie ou enigsins 'n hand op jou gelê kry, sal jy beslis moet uittree. Al is jy geblinddoek, kan dié ou (Nakathila) jou nie eens tref nie.”

Hoewel Tyson reken Low Key is nie 'n waardige teenstander vir Stevenson nie, het hy later erken die Namibiër is dalk beter as wat hy reken.

Tyson het later op die program gesê: “Hy lyk tog taai. As hy teen jou gaan boks, is hy mos 'n taai vegter.”

– Bykomende bronne: www.essentiallysports.com/www.boxingscene.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!