Uber wil binne 4 jaar opstyg
Uber het vandeesweek meer oor sy planne bekend gemaak en sê hy wil binne vier jaar sy vlieënde motors in die lug hê.
Amptenare in Dallas-Fort Worth in die VSA en Doebai het ooreengekom om saam met die maatskappy te werk om voertuie te toets wat teen 2020 in die stede in bedryf kan wees, het Uber by ’n konferensie in Dallas gesê.
Uber het ook vennootskappe aangegaan met ’n paar vliegtuigvervaardigers en eiendomsmaatskappye, sowel as ChargePoint, om ’n netwerk te lê vir die herlaaiing van die elektriese voertuie, wat vertikaal sal opstyg en land.
Uber se planne vir sy vlieënde taxi’s kom op ’n tydstip waar die maatskappye dringende probleme op die grond het.
Die maatskappy het ’n interne ondersoek na sy kultuur geloods, hy soek al geruime tyd na ’n bedryfshoof om Travis Kalanick, die uitvoerende hoof, by te staan, sy verliese hoop op, ten spyte van vinnige groei in gebruikersgetalle, en Alphabet, die houermaatskappy van Google, se afdeling vir selfbesturende motors sleep hom hof toe vir die beweerde diefstal van vertroulike dokumente.
Alphabet is ook nie slegs ’n mededinger in die hof nie, maar kan ook een in die lug wees.
Larry Page, uitvoerende hoof van Alphabet, finansier twee projekte vir vlieënde motors.
Kitty Hawk (sien video hieronder) en Zee.Aero, wat onafhanklik is van Alphabet, is ook besig om persoonlike vliegtuie te bou, soortgelyk aan die wat Uber voorstel.
Uber het in Oktober 2016 die eerste keer sy planne bekend gemaak vir ’n stelsel van vlieënde voertuie.
In Februarie het hy vir Mark Moore, voormalige ingenieur van Nasa, aangestel om aan Uber Elevate, sy projek vir die vlieënde taxi’s, te werk.
Uber span ook saam met Aurora Flight Sciences, Pipistrel Aircraft, Embraer SA, Mooney International Corp. en Bell Helicopter Textron om elektriese voertuie te ontwikkel.
Hy werk verder saam met Hillwood Properties in Dallas-Fort Worth en verskeie eiendomsmaatskappye in Doebai om persele te identifiseer waar die voertuie kan opstyg en land. Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie