Ugandese LP: Ja, jy behoort jou vrou te slaan
Ugandese LP: Ja, jy behoort jou vrou te slaan

Ugandese LP: Ja, jy behoort jou vrou te slaan

'n Lid van die parlement van Uganda het tydens 'n televisie­onderhoud gesins­geweld goedgepraat deur te sê mans behoort hul vrouens te slaan.

“As 'n man moet jy jou vrou dissiplineer. Jy moet 'n bietjie aan haar raak, haar beetkry, haar op 'n manier slaan om haar in pas te kry,” het Onesimus Twinamasiko aan NTV gesê.

Die BBC berig die uitlatings het fel kritiek op sosiale media uitgelok. 'n Vroueregtegroep in Uganda stel ook voor dat Twinamasiko vir terapie gestuur word.

“Mnr. Twinamasiko behoort 'n openbare verskoning te maak aan alle vrouens wat aan geweld blootgestel is,” sê Diana Kagere van die Center for Domestic Violence Prevention (CEDOVIP).

“Hy moet die eerbare ding doen en die uitlating terugtrek. Dit is werklik skokkend dat 'n lid van die parlement enige vorm van geweld sal regverdig. Ons praat hier van 'n misdaad.”



Woorde buite konteks

Volgens die BBC het meer as een uit vyf vroue in Uganda tussen 15 en 49 jaar gesinsgeweld of seksuele geweld beleef. Volgens die webtuiste 9news.com.au het Twinamasiko intussen probeer om die situasie te beredder deur aan die BBC se Focus on Africa-program te sê sy woorde is buite konteks gebruik.

“Ek bedoel nie aanrandings wat beserings of dood kan veroorsaak nie, maar ek het geen probleem met 'n klap nie,” sê Twinamasiko.

“My vrou het my een keer geklap en ek was oukei daarmee, want ons het ons verskille uit­gesorteer. Ek het haar ook een keer 'n klap gegee.”

Volgens myjoyonline het Twinamasiko skynbaar gereageer op opmerkings deur pres. Yoweri Museveni van Uganda, wat mans wat hul vrouens en meisies aanrand op Wêreldvrouedag as “lafaards” beskryf het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!