Uispad erg op rustige roete
'n Tiener van Swakopmund het Saterdag met 'n groot voorsprong gewen.
Des Erasmus
“Die pad Uis toe moet geskraap word.”
Dit was die veelseggende kommentaar van Joshua Scherer nadat hy los voor by die wenpaal aangekom het as wenner van die 90 kilometer bergfietswedren wat een van die hoogtepunte van die Hentiesfees was.
Op die nuwe en unieke woestynroete 'n ent uit op die Uispad, daarna oor die wal van die Omdeldam, deur die Namib en dan met die Spitzkoppepad terug Hentiesbaai toe was hy sonder 'n ander jaer in sig selfs bekommerd oor of hy nog op koers deur die woestynstrook was.
Scherer het selfs oorweeg om sy selfoon te gebruik om seker te maak hy het nie afgedwaal nie. Hy het die nuwe roete nogtans as baie rustig en baie lekker bestempel.
Die skolier by Pro-Ed is reeds een van die land se gerekende jong fietsryers. In Mei vanjaar het hy en sy Windhoekse spanmaat, FC Smith, 'n sesde plek in 'n bekende driedaagse skofresies (Sani2c) in KwaZulu-Natal behaal.
Ná Scherer was Koos Blaauw tweede en Jurgen Sander derde.
Die 90 km vir vroue is deur Luanné van der Schyf gewen. In die afdeling vir mans bo 50 jaar was Greg Goodwin die wenner.
Tobie Gerber van Walvisbaai was ondanks mediese advies in die 55 km eerste by die wenpaal. Gerber was een van die fietsryers wat enkele weke gelede ernstig beseer was in 'n botsing met 'n voertuig naby die weegbrug tussen Swakopmund en Walvisbaai. Sy ryhempie het een van sy skouers verberg waar 'n plaatjie hom nog help om van 'n besering te herstel.
In die 60 km vir vroue was Hentiesbaai se eie kandidaat, Lonelle Smith, eerste.
Die uitslae was:
Mans 90 km: 1. Joshua Scherer, 2. Koos Blaauw, 3. Jurgen Sander.
Vroue: 1. Luanné van der Schyff, 2. Jeanie Heunis, 3. Danica Visser.
Mans bo 50 jaar 90 km: 1. Greg Goodwin.
Mans 55 km: 1. Tobie Gerber, 2. Flyppie de Klerk, 3. Clauss Beukes.
Vroue 55 km: 1. Lonelle Smith, 2. Jacky Coetzee, 3. Wilmene Schaffer.
Mans 55 km bo 95 kg: 1. Clauss Beukes.
Onder 16 ope, 30 km: 1. Mayvonne Swart, 2. Matthew Botha, 3. Owen Botha.
Dikwiele 30 km: 1. Raymo Ngundu, 2. Herman Krauze 3. Callie Jacobs.
Mans 30 km: 1. Leon (Bones) Kuhn, 2. Dewald van Antwerp, 3. Uushona Shilongo.
Vroue 30 km:1. Gabriella Jacobs, 2. Gerda Venter, 3. Leoni van Zyl.
Mans 10 km pretloop: 1. Erich Goeieman, 2. Albertinus Goeieman, 3. Naudé Dreyer.
Vroue 10 km-pretloop: 1. Marlinda Lucas, 2. Anika Steinmitz, 3. Chantelle Geel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie