'Uitgawes het miljoene skoon water ontsê'
Miljarde rand is deur die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie vermors.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het gevra vir 'n forensiese ondersoek na die “onwettige uitgawes” wat in die departement van water en sanitasie onder die voormalige minister, Nomvula Mokonyane, aangegaan is.
Outa het Sondag op Twitter gesê “onwettige uitgawes in die departement van water en sanitasie” het in die boekjaar 2014-'15 tot R6,4 miljard in 2017-'18 opgeskiet. Dit het miljoene mense toegang tot skoon water ontsê.
Dit is nog 'n rede waarom Outa teen korrupsie en belastingmisbruik veg”.
Gugile Nkwinti, die huidige minister van water en sanitasie, het aan Sunday Times gesê hy het 'n “disfunksionele departement wat swem in die skuld” geërf.
Hy het Mokonyane (deesdae minister van kommunikasie) egter nie by die naam genoem nie.
Yamkela Ntolo, Outa se woordvoerder, het gesê dié organisasie het reeds met Nkwinti gepraat en voorgestel dat 'n forensiese ondersoek gedoen word.
“Ons moet vasstel wat van belastingbetalersgeld geword het.”
Hy het gesê as die forensiese ondersoek aan die lig bring dat iemand onwettig geld bestee het, moet daar gevolge wees, soos strafregtelike vervolging.
Sonder om name te noem, het hy gesê mense kan nie net rondgeskuif word om van hul verantwoordelikhede weg te kom nie.
Nkwinti het gister in sy begrotingsrede die koste van die Giyani-waterprojek in Limpopo, wat tot R3,5 miljard gestyg het, as “bisar” bestempel. Dié geld is reeds bestee.
Nét die grootmaatwaterinfrastruktuur is aangelê, “maar nie 'n druppel water het tot dusver huishoudings en nywerhede bereik nie”.
Mense het dié infrastruktuur intussen uit “woede” beskadig.
Nkwinti het gesê dié klomp geld wat bestee is en wat bedoel was om mense se lewensomstandighede te verbeter “laat 'n mens met 'n ongemaklike gevoel in jou gewete”.
Hy het reeds aan Sifiso Mkhize, die waarnemende direkteur-generaal van water en sanitasie, opdrag gegee om 'n verslag saam te stel oor wat verkeerd geloop het. Nkwinti het die departement as “kwesbaar” bestempel. Volgens hom het hy 'n departement geërf waar groot onsekerheid heers, amptenare nie presies weet wat van hulle verwag word nie en waardelose kontrakte gesluit is.
Leon Basson, die DA se woordvoerder oor water en sanitasie, het gesê Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) en die portefeuljekomitee oor water en sanitasie is gereed om met 'n diepgaande ondersoek te begin oor wanbesteding in die departement. Hy het gesê die komitees wag net vir die parlement om 'n datum te gee sodat hulle met hul ondersoek kan begin.
Basson het in sy begrotingsrede gesê Mokonyane moet aan die parlement kom verduidelik waarom die departement van water en sanitasie onder haar leierskap ineengestort het.”
Hy het dit as “ 'n skande” beskryf dat pres. Cyril Ramaphosa haar na 'n ander portefeulje geskuif het nadat sy die departement van water en sanitasie in 'n “gemors” agtergelaat het. Sy mag nie hiermee wegkom nie, het Basson gesê.
Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, het gesê Nkwinti steun die ondersoek.
Hy wil ook toesien dat die wetstoepassers, hetsy die nasionale vervolgingsgesag of die Suid-Afrikaanse Polisiediens, optree terwyl die onderskeie ondersoeke aan die gang is. Nkwinti het gesê dat die departement geherstruktureer moet word, die konstruksie-eenheid binne die departement moet herleef, die vestiging van die opvangsgebiedagentskappe (CMA's) bespoedig moet word, die beginsel van die besoedelaar moet betaal, moet herleef, en tugstappe gedoen moet word teen oortreders. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie