Uitkyk vir volgende groot kampioentalent
Uitkyk vir volgende groot kampioentalent

Uitkyk vir volgende groot kampioentalent

Boks
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Vanaand se gevegte in Katutura is waarskynlik eerder vir ware boksliefhebbers en ondersteuners van die Namibiese sport, as vir diegene met net 'n terloopse belangstelling.

MTC Sunshine Promosies bied tien gevegte van beroepsboks by die Hoër­skool A. Shipena se saal aan onder die vaandel “Back to the Roots”.

In die hoofgeveg klim Charles Shinima (onoorwonne in sewe gevegte) deur die kryttoue teen Ebenestus (Mendu) Kaangundue, wat ses uit sy nege gevegte sover gewen het.

Die twee baklei om die Namibiese nasionale junior middelgewigtitel (69.85 kg) wat vakant geword het toe Vakufilapo “Cowboy” Nashivela verlede jaar ná 'n kort, onoorwonne beroepsloopbaan van sewe gevegte uitgetree het.

Shinima en Kaangundue was albei vol selfvertroue in die twee nuuskonferensies wat vooraf gehou is.

Kaangundue het aangedui dat hy as die ouer man geen nonsens van die “klein seuntjie” gaan vat nie.

“Ek gaan nie baie praat nie, want ek is nie 'n politikus nie, ek is 'n bokser. Ek en my afrigters het ons werk gedoen en as Charles die geringste foutjie begaan, gaan hy op die krytvloer beland.”

Shinima het op sy beurt gedreig dat hy bereid is om harder as sy opponent te werk.

“Ek gaan hom neersit. Ek gaan nie hierdie kans deur my vingers laat glip om die nasionale kampioen te word nie. Hoe oud of jonk jy is, tel maar min in die bokskryt. Ek en my span is voorbereid vir 'n oorwinning.”

Nestor Tobias, loshande die mees suksesvolle promotor in die land se geskiedenis, is ooglopend op die uitkyk vir nuwe sterre om na vore te tree terwyl die skemer sak oor die loopbane van sy string bekende kampioenboksers van die afgelope dekade, van wie verskeie intussen na ander promotors oorgeloop het.

In die hoofvoorgeveg sal Harry Simon Junior die volslae gunsteling wees om sy rekord in die beroepskryt tot agt oorwinnings uit agt maklike gevegte aan te vul.

Die jeugdige Junior, wat sy debuut in 2017 as 'n liggewig gemaak het, sal vir die derde keer as superliggewig (63.5 kg) veg. Hy kom te staan teen Dominicus Weyulu, wat tevore kanonvoer vir vegters soos Nathaniel Kakololo (twee keer) en Nataneal Sebastian was.

Die program vir die aand is soos volg (bokser se rekord van wen, verloor en gelykop tussen hakies):

1 Liggewig (4 rondes): Sakaria Sheehama (0-1) tn Paulus Amavila (1-0).

2 Kapokgewig (4 rondes): Andreas Mwenyo (1-2-1) tn Immanuel Shapaka (een gelykop).

3 Superkapokgewig (4 rondes): Philip Shaanika (1-0) tn Samuel Kambuta (debuut).

4 Superkapokgewig (4 rondes): Sam Mathews (1-1) tn Willem Shiki (debuut).

5 Superkapokgewig (4 rondes): Mateus “The Beast” Heita (1-0) tn Theofelus Nashilongo (een gelykop).

6 Junior middelgewig (4 rondes): Abed Shikongo (debuut) tn Ndangi Shapwa (0-1).

7 Superkapokgewig (4 rondes): Fillipus Nghitumbwa (5-1) tn Frans Naanda (1-1).

8 Liggewig (4 rondes): Usko Rehabiam (1-0) tn Gerson Veta (0-3).

9 Junior weltergewig (4 rondes): Harry Simon Junior (7-0) tn Dominicus Weyulu (2-5).

10 Namibiese junior middelgewigtitel (10 rondes): Charles Shinima (7-0) tn Mendu Kaangundue (6-3).

Kaartjies kos N$50 vir gewone toegang, of N$200 vir die beter sitplekke nader aan die kryt.

Al die boksers sal vandag vanaf 11:00 by Post Street Mall vir die inweeg en geesvang aanmeld.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Ipswich Town 2 vs 2 Aston Villa | Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Como 3 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 2 vs 1 Venezia | Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A