UITSLAG: Namibië 30-0 Botswana (vroue)

Hokkie
Andrew Poolman
Altesame tien Namibiërs het doele aangeteken in die MTC nasionale vrouehokkiespan se oorwinning met 30-0 teen Botswana Vrydagmiddag.
Dit is die hoogste punteverskil tot dusver in die binnenshuise Afrikabekertoernooi in Durban.
Kaela Schimming, wat die eerste twee doele aangeteken het, het met vyf treffers geëindig.
Op haar hakke was Taramarie Myburgh, Duré Boshoff, Sunelle Ludwig en Danja Meyer met vier doele elk.
Caitlin Gillies, Gillian Hermanus, spankaptein Maggy Mengo en Azaylee Philander het elkeen twee doele bygevoeg, met ’n enkele vroeë doel deur Jivanka Kruger.
Botswana se mans- en vrouespanne het tot dusver nie ’n enkele doel aangeteken nie en hou ooglopend geen bedreiging in vir Namibië en Suid-Afrika om mekaar on Sondag se twee bepalende eindstryde te takel nie.
Die Namibiese vroue se voorsprong ná die eerste drie kwarte (tien minute elk) was 6-0, 13-0 (rustyd) en 22-0.


Die res van vandag se program:
Namibië tn Suid-Afrika (vroue), 18:00
Suid-Afrika tn Namibië (mans), 19:30

SATERDAG
Botswana tn Namibië (mans), 10:30
Botswana tn Namibië (vroue), 13:00
Suid-Afrika v Namibië (vroue), 18:00
Namibië tn Suid-Afrika (mans), 19:30


Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!