Uitstel van wet oor grond verwelkom
Opposisie groei oor die wyse waarop die grondkwessie hanteer word.
Catherine Sasman - Die opposisieparty Swanu en die Beweging van Grondlose Mense het pres. Hage Geingob se aankondiging oor die uitstel van die tertafellegging van die nuwe wet oor grond verwelkom.
Maar méér is nodig om die grondkwessie reg te stel, sê hulle.
Swanu se president, mnr. Usutuaije Maamberua, het gesê Geingob moes vroeër die aankondiging gemaak het “voor die huis aan die brand geslaan het”.
“Die momentum het 'n sterk rigting ingeneem wat nie meer omgekeer kan word nie,” het Maamberua gesê.
Hy het bygevoeg dat OvaHereros, Namas, Damaras, San en Basters onvoorwaardelik grond terugeis wat hulle verloor het en daarom moet Geingob die “korrupte” hervestigingsprogram stop.
Swanu eis ook dat die ministerie van grondhervorming die lys van begunstigdes van hervormingsplase beskikbaar maak.
Die Beweging van Grondlose Mense het gister by 'n nuuskonferensie gesê die uitstel van die wet op grond is prysenswaardig.
Behoorlike navorsing
Hulle het wel bygevoeg dat die grondkwessie net opgelos kan word as voorvaderlike grondregte en landbouhervorming die kern daarvan is.
Die groep sê die wet moet geheel en al geskrap word en dat behoorlike navorsing eers gedoen moet word sodat 'n nuwe en ingeligte gesprek daaroor gevoer kan word.
“Ons hoef nie 'n tweede grondkonferensie te hou nie. Wat nou nodig is, is behoorlike navorsing. As daar N$23 miljoen was vir die Kora-toekennings is daar geld vir sulke navorsing,” het mnr. Hennie Seibeb van die beweging gesê.
Seibeb het gesê hulle eis nie net die toekenning van grond nie, maar ook dat beweerde onregverdige toekennings van mineraleregte en prospekteerlisensies (EPL's) met gepaardgaande “tenderpreneurskap” en staatskaping stopgesit word.
Hy het gesê inheemse gemeenskappe behoort tantième te kry uit diamante en uraan wat deur De Beers en die Husab-myn ontgin word.
“Ons mag moontlik hierdie kwessie na 'n internasionale hof neem, aangesien plaaslike gemeenskappe tans geen voordele geniet nie,” het Seibeb gesê.
NUJOMA “NIE GESKIK”
Die beweging het ook kritiek uitgespreek teen die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma.
“Hy is nie geskik vir sy pos nie en moet die eerbare ding doen en bedank,” het Seibeb gesê.
Intussen het die sekretaris van die Nasionale Vergadering, me. Lydia Kandetu, gesê 'n beplande optog tydens die opening van die parlement op 14 Februarie, sal nie geduld word nie.
Sy het die beweging gevra om hul optog na 'n latere datum uit te stel, maar hulle sê die optog sal voortgaan.
Sien ook berig op bladsy 5.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie