Uitvoer van rou hout verbied
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme het met onmiddellike effek 'n verbod geplaas op die uitvoer van rou en semi-geprosesseerde hout.
Mnr. Pohamba Shifeta het vanoggend aangekondig dat vervoerpermitte vir hout wat reeds geoes is, slegs uitgereik mag word as dit vir die plaaslike mark bestem is.
"Geen uitvoerpermitte sal vir rou of semi-geprosesseerde hout uitgereik word nie," het hy gesê.
"Geen woudprodukte sal uitgevoer word tensy die direktoraat van bosbou dit vir spesiale doelwitte soos navorsing, onderrig of kulturele of siekte-identifisering goedkeur nie."
Shifeta het ook gesê daar is steeds 'n verbod op nuwe hout-oeste.
"In hierdie stadium fokus ons op die monitering en fasilitering van die gebruik van hout wat reeds in die land geoes is. Totdat ons tevrede is met hoe geoeste hout volgens die toepaslike wette hanteer word, bly nuwe hout-oeste verbode."
Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie