Unam begin nuwe era onder Philander
Die kampioenklub het sy uitblinkers vir die suksesvolle seisoen vereer.
Andrew Poolman
Die Namibiese regtervleuel Oderich Mouton is as sportman van die jaar bekroon toe die rugbyklub FNB Universiteit van Namibië sy jaarafsluiting en prysuitdeling afgehandel het.
Onder afrigterskap van Johan Diergaardt het die studentespan vanjaar vir die vierde keer sedert 2015 die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga gewen – dié keer met ’n oorwinning van 30-20 teen FNB Western Suburbs in die finaal.
Sedertdien is bevestig dat Diergaardt intussen die leisels neergelê het en dat sy hulpafrigter David Philander vanaf volgende jaar die hoofafrigterspos sal oorneem.
Diergaardt sê ná sy vorige uittrede as afrigter het hy bloot die afgelope jaar uitgehelp om Unam se strukture te help versterk en om Philander as sy waarskynlike opvolger te help voortgaan. “Ek gaan nou eers bietjie ophou afrig.”
Philander sê: “Dit was maar ’n wipplank van ’n seisoen en die vele onderbrekings het maar die momentum gekeer. Ek reken ons klub het die situasie redelik goed hanteer; ons kon nooit 100 persent wedstrydfiksheid bereik nie, soos ook met die meeste ander spanne die geval was.
“Ons is bly om terug te wees as kampioene, as ’n platform om volgende jaar voort te bou.”
Philander sê hy is baie trots op Oderich Mouton as ’n welverdiende sportman van die jaar vir die klub.
“By die nasionale span is hy in ’n vleuel omskep, maar toe ons vir Prince !Gaoseb verloor (na die Tel Aviv Heat), het ons op sy knoppie gedruk om uit te help op agtsteman. In daai wedstryde was hy uitstekend – aggressief as baldraer en vol energie. Oderich het ’n uitstekende jaar gehad. Ons is trots op al die spelers wat trofees gewen het.”
Diergaardt sê Mouton se twee rolle voldoen elk aan ’n behoefte: “Unam het ’n agtsteman nodig en Namibië soek ’n vleuel. Volgens my siening leef hy hom meer uit wanneer hy agtsteman speel.”
Die heelagter Lorenzo Louis is as die spelers se speler van die jaar vereer, asook rugbyspeler van die jaar. Die gewilde speler het vanjaar uiteindelik deurgebreek om sy toetsdebuut in November teen Kenia in Stellenbosch te kon maak.
By die klub se vrouespan, die Unam Steenbokkies, is Euodia Bassingthwaighte as sportvrou van die jaar vereer. Sy was een van ses Unam-spelers wat in November die nasionale vrouespan teen Zambië gehaal het.
Unam se ander trofeewenners vir 2021 is:
Mees toegewyde speler: Hilwen Fourie.
Mees veelsydige speler: Jacques Smith.
Beste vordering: Darryl Wellman.
Meeste drieë in die NRU eerste liga: Newton Makaka (6).
Meeste drieë in die NRU reserweliga: Jacques Smith (4).
Meeste drieë in die NRU premierliga: Darryl Wellman (6).
Meeste punte in die NRU eerste liga: Anthony Shihepo (41).
Meeste punte in die NRU reserweliga: Aljarreau Zaahl (54).
Meeste punte in die NRU premierliga: Delron Brandt (67).
Beste voorspeler in die eerste liga: Abraham Iilonga.
Beste agterspeler in die eerste liga: Jaydene Links.
Beste voorspeler in die reserweliga: Bjorn Kazondunge.
Beste agterspeler in die reserweliga: Peace Shimweno.
Beste voorspeler in die premierliga: Cameron Langenhoven.
Beste agterspeler in die premierliga: Lorenzo Louis.
Beste voorspeler, Unam Steenbokkies: Elzane-Lee Basson.
Beste agterspeler, Unam Steenbokkies: Ndapanda Kakundi.
Afrigterstoekenning: Alcino Izaacs, kaptein in die premierligafinaal.
Voorsitterstoekenning: Desiderius Sethie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie