United juig oor naelbyt-derbysege
'n Droogte van meer as 'n dekade is Woensdagaand verbreek.
Andrew Poolman - Die selfvertroue van Trustco United krieketklub sou Woensdagaand 'n stewige hupstoot gekry het toe die eerste span op sy tuisveld vir die eerste keer in meer as 'n dekade sy T20-derbywedstryd teen Samsung FNB Wanderers gewen het.
Die vorige naweek het United 'n reuseskok gekry toe sy ganse span vir net 29 lopies uitgeboul is in 'n vyftigbeurt-premierligawedstryd, waarin die kusspan Welwitschias XI se jong snelbouler Ben Shikongo met agt paaltjies vir net tien lopies deur hul kolflys gemaai het.
Woensdagaand het United op spannende wyse met net een lopie teen sy aartsvyand Wanderers gewen. Sover bekend is dit die eerste keer in omtrent twaalf jaar wat United aan die wenkant was.
Die bloues het eerste gekolf en het danksy 'n vyftigtal deur sy aanvangskolwer Lo-han Louwrens 'n totaal van 109/7 gehaal.
Louwrens, paaltjiewagter van die Eagles en nasionale o.20-kaptein, het met 62 lopies van 44 balle die oorheersende rol in die wedstryd gespeel. Hy het twee sesse en vier viere geslaan.
Hy het sy aanvangsmaat Christopher Coombe byna dadelik verloor (0 van 2 balle), maar daarna het sy kaptein Darren van Dyk aangesluit vir 24 van 22 balle (1x4 2x6).
Aan die einde van die kolfbeurt kon Hendrik van der Walt (0), Danie van Schoor (1), Luan Reinders (0) en Johan Geldenhuys (3) nie hul stempel afdruk nie, hoewel Stephan Jordaan (13* van 8 balle) vir oulaas 'n ses geslaan het.
Wanderers se topboulers was Tiaan Gerber (3/2 in 1 boulbeurt), Bernard Scholtz (2/18 in 3) en Hendrik Geldenhuys (1/13 in 3).
Die wenteiken het gewis nie buite bereik van Wanderers gelyk nie, maar onder die spreiligte kon enigiets gebeur.
Die Wit Hingste het net 20 op die bord gehad, toe is beide sy aanvangspaar Wessel Myburgh (3) en Ewald Steenkamp (9) terug.
Collin Schoonbee (21 van 17 balle), JJ Smith (27 van 31 balle), wat die laaste man uit was, en Nicolaas Scholtz (27 van 28 balle) het elkeen een ses geslaan en het Wanderers tot op die rand van 'n oorwinning gebring.
Wanderers het sewe lopies gekort van die 20ste boulbeurt van Coombe, maar met die eerste bal is Nicolaas Scholtz uitgevang en met die volgende bal is JJ Smit uitgehardloop ná 'n misverstand oor die tweede lopie. Met vier nodig van die laaste bal, het Gerhard Lotter (3*) twee behaal, wat Wanderers op 108/6 een agter United se totaal gelaat het.
United se boulhelde was Stephan Jordaan (2/13 in 2), Coombe (2/26 in 3), Dewald Nell (1/16 in 2) en Danie van Schoor, wie se drie boulbeurte net 9 gekos het.
• In môre se premierliga-wedstryde lê die voorloper Wanderers by United besoek af, terwyl die tweede geplaaste Welwitschias by die kus vir CCD Tigers inwag. Daarna bly nog een naweek se wedstryde oor, voor die uitklopfase.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie