UPM deel sy verwagtinge vir 2019
UPM deel sy verwagtinge vir 2019

UPM deel sy verwagtinge vir 2019

'n Lid van die Nasionale Vergadering sê alles moet in die stryd gewerp word om te keer dat Swapo weer tweederdes van die stemme by die stembus op hom verenig.
Denver Kisting
Denver Kisting



Mnr. Jan van Wyk, die visepresident van die United ­People's Movement (UPM), sê same­werking onder opposisie­partye is opnuut nodig om te keer dat Swapo weer vanjaar 'n twee­derdemeerderheid behaal.

Hy sê hy vermoed die regerende party gaan sy beweerde optrede van die verlede herhaal en hom eersdaags tot “grootskaalse intimidasie” wend in aanloop na die nasionale en presidentsverkiesings later vanjaar.

Volgens hom sal die UPM om daardie rede nou met ander opposisiepartye saamwerk “om sodanige aksies aan te spreek”.

Van Wyk sê hulle is reg om aan vanjaar se verkiesings deel te neem. “Die UPM sal voortgaan om korrupsie en korrupte praktyke aan te spreek op alle vlakke van die regering.”

Die politikus sê sy party is ook voornemens om hom verder te beywer vir die beskikbaarstelling van bekostigbare grond in veral stedelike gebiede.

Behuising, wetteloosheid en die onvermoë van plaaslike ower­hede om dienste aan belastingbetalers te lewer, is van die ander kwessies in hul visier, sê hy.

“Gesondheid en onderwys is ook van die sake wat die UPM sal voortgaan om aan te spreek.”

Van Wyk het voorts die onmiddellike heraanstelling van sy geskorste Rehoboth-dorpsraads­lede geëis.

“Die skorsing duur voort omdat Swapo nie bereid is om sy korrupte kamerade aan te spreek en op te tree teen korrupte amptenare by die Rehoboth-dorpsraad nie.”

Die opposisieleier het ook sy kommer uitgespreek oor die voortslepende droogte. “Voorts bid die UPM dat reën binnekort verligting sal bring vir droogtegeteisterde gebiede in die land. Boere het reeds geweldige verliese gely en sommige sukkel en sal moeilik (weer) op hul voete kom.”

Pogings om gisteroggend kommentaar by me. Sophia Shaningwa, Swapo se sekretaris-generaal te bekom, het geen vrugte afgewerp nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!