US$1 400 per fynons wink vir goud
Met die wêreld wat asem ophou oor die toenemende spanning tussen Amerika en Noord-Korea klim die goudprys.
Die spanning tussen die VSA en Noord-Korea kan die goudprys teen die einde van die jaar tot so hoog as US$1 400 per fynons laat klim.
Dit is Jefgeni Ananjef, ’n ontleder by die Russiese beleggingsbank VTB Capital, wat sê hy dink die goudprys gaan binne drie maande tot so hoog as US$1 360 per fynons styg, waarná dit nog sal opgaan.
Wêreldwye politieke risiko en ’n toename in aanvraag vanuit China en Indië is die twee grootste redes hoekom hoër pryse verwag word.
“Ons kan dalk sien die prys daal effens, maar ek dink nie dit sal laer as US$1 200 per fynons daal nie. Dit word goed ondersteun,” sê Ananjef.
Goud het vroeg Maandagoggend teen US$1 286,34 per fynons verhandel.
Die goudprys het vanjaar reeds met 12% gestyg. Dit is weens moontlike kernkonflik tussen die VSA en Noord-Korea, asook gedempte inflasie in die VSA wat die kanse verlaag dat die rentekoers dáár verder kan styg.
Donald Trump, die Amerikaanse president, het sy waarskuwings aan Noord-Korea verskerp en ’n enorme reaksie belowe, sou die VSA of enige van sy bondgenote aangeval word.
Ander ontleders stem saam met Ananjef.
“Noord-Korea gee aan goud die potensiaal om teen meer as US$1 300 per fynons te verhandel én om die prys te handhaaf,” sê Chirag Sheth, ontleder by Metals Focus, ’n onafhanklike navorsingsgroep in Londen wat op edelmetale fokus.
Sheth verwag dat goud binne tussen ses en nege maande teen US$1 400 per fynons kan verhandel. Hy wys daarop dat die Federale Reserweraad, wat voorheen hoër rentekoerse ondersteun het, nou effens terugstaan van dié plan wat goud verder ondersteun.
Buiten hiervoor het aanvraag uit veral Indië gestyg. Sheth sê dit lyk volgens inligting van die Wêreldgoudraad of die aanvraag na juweliersware in dié land vanjaar met ongeveer 6% gaan styg.
Hy sê goudinvoere kan in 2017 met soveel as 30% tot 800 ton styg.
Die aanvraag na goudstawe in China, die wêreld se grootste goudmark, het gedurende die eerste ses maande van die jaar met meer as die helfte gestyg. Volgens die Chinese goudvereniging het algehele goudgebruik vanjaar reeds met 10% tot 525,2 ton gestyg.
Die plaaslike goudindeks het ook voordeel uit die stygende aanvraag na goud geput en het Vrydag die week 5,8% hoër op 1 378.80 punte gesluit.
Suid-Afrikaanse goudmynmaatskappye het ook voordeel getrek met Sibanye wat die week tot 11 Augustus 6,17% hoër op R19,43 op die JSE gesluit het. Harmony Gold was 7,61% hoër op R24,45 en AngloGold Ashanti 6,3% hoër op R130,39. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie