Vaarwel aan 'ware kameraad'
Nuus-, kuns-, en sakepersoonlikhede het die legendariese fotograaf, Tony Figueira, se roudiens bygewoon.
Yochanaan Coetzee - Vriende, familie en talle ander wat deur die wêreldbekende fotograaf, Tony Figueira, geraak is, het Maandagaand by die Windhoek Country Club bymekaargekom om sy lewe te herdenk en sy bydrae tot die land te vier.
Van Namibië se grootste nuus-, kuns- en sakepersoonlikhede was daar.
Selfs oudpres. Sam Nujoma het sy meegevoel aan die familie betoon.
In 'n roerende brief het hy sy “kameraad” geloof vir die waardes, dapperheid en goedhartigheid wat hy in sy werk en persoonlike lewe gehandhaaf het.
“Sy nalatenskap en foto's sal nog lank bly voortleef. Hy was 'n ware kameraad,” het die voormalige staatshoof in sy brief gesê.
Die byeenkoms is deur sy goeie vriend, Hishishi Papa Shikongeni, geseën.
Daarna het van sy naaste vriende, onder wie bekende Namibiërs soos regter Dave Smuts, Gwen Lister, ambassadeur Isabel Brilhante Pedrosa, prof. Andre du Pisani en Afra Schimming-Chase hul herinneringe aan Figueira gedeel.
Van die land se voorste kunstenaars soos Elemotho, Lize Elhers en Nashilongweshipwe Mushaandja het deur emosionele vertonings eer aan hul vriend en mentor betoon.
Die beroemde Suid-Afrikaanse komediant, Nick Rabinowitz, het ook die roudiens bygewoon om sy vriend te groet.
Figueira se dogter, Gina, het die teenwoordiges en almal wat haar pa wêreldwyd ondersteun het, bedank vir hul ondersteuning en troosboodskappe.
“Die ondersteuning en boodskappe van liefde van dwarsoor die wêreld toon duidelik wat my pa vir soveel mense beteken het en beteken baie vir ons,” het sy gesê.
Figueira is in die vroeë oggendure van 12 April ná 'n jare lange stryd met beenmurgkanker by sy huis in Swakopmund oorlede.
Die fotograaf was bekend vir sy werk in die jare voor onafhanklikheid, asook vir die prentjie van eenheid wat hy aan Namibiërs geskets het ná onafhanklikheid.
Sy ondersteuning van plaaslike kuns en kunstenaars het van hom 'n geliefde en gerespekteerde mentor gemaak.
Figuera laat sy dogter, Gina, sy vrou, Gabi, en talle ander familie en vriende agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie