Vaarwel nu00e1 39 jaar by  plaaslike lugdiens
Vaarwel nu00e1 39 jaar by plaaslike lugdiens

Vaarwel ná 39 jaar by plaaslike lugdiens

“Ek sal na my familie by Air Namibia verlang.”
Maria Eiseb
Air Namibia het onlangs hul stasiekontroleerder op Ondangwa, mnr. Martin Andreas, vaarwel toegeroep.

Andreas was 'n toegewyde werknemer wat ná 39 jaar die stasie groet om af te tree.

Hy het op 10 Februarie 1978 by die lugdiens begin toe dit nog Namib Air was.

Andreas was verantwoordelik vir die nagaan van vliegtuigbrandstof. Hy sê hy moes seker maak brandstof is skoon en dat dit nie water bevat nie, alvorens dit in die vliegtuig getap kon word.

“Die vullis moet op die bodem vergader sodat skoon olie bo dryf,” sê Andreas.

Ná drie jaar, in 1981, is Andreas na die werkswinkel verplaas waar hy assis­tent-ingenieur was.

Hier was hy verantwoordelik vir stralerbrandstof en die vervanging van stralers se bande en olie.

Hy was vir twee jaar in hierdie posisie voor hy weer terug is na sy vorige pos waarin hy vier jaar, van 1983 tot 1987, gebly het.

'n Hoogtepunt in Andreas se loopbaan was toe hy in Oktober 1987 stasiebestuurder word.

Hierna is hy na Oshakati in die Oshanastreek verplaas.

Hy het gesê hy was bly om meer verantwoordelikhede te hê en om naby sy mense te kon wees.

In April 1994 is Andreas as stasiebevelvoerder van die Ondangwa-lughawe aangestel, waar hy gewerk het tot sy aftrede.

Hier moes hy na die stasie en sy personeel omsien, en seker maak vlugte verloop stiptelik.

“Ek kan onthou hoe klein die ­maatskappy begin het en hoe hy gegroei het,” het hy gesê.

Andreas was ook betrokke by die lugdiens se naamveranderinge.

Hy sê destyds was dit bekend as South African Airways en later is dit Namib Air genoem.

Ná onafhanklikheid het die naam na Air Namibia verander.

In die verlede het Air Namibia slegs vier klein vliegtuie gehad.

Dié vliegtuie het onder meer vyf sitplekke, agt sitplekke en 22 sitplekke gehad. Die meeste sitplekke wat 'n vliegtuig gehad het, was 55.

“Vandag spog die lugdiens met sowat 10 vlugte wat onder meer nasionaal, in die streke of selfs internasionaal vlieg,” het hy bygevoeg.

Me. Madison Samson, waarnemende bestuurder van Air Namibia, het Andreas beskryf as 'n nederige leier wat kliënte onselfsugtig en met toewyding gedien het.

Andreas het gesê hy het in sy loopbaan waarde­volle vaardighede aangeleer deur die bywoning van talle opleidingskursusse en slypskole.

Volgens hom was hy 21 jaar oud toe hy by die lugdiens aangesluit het en hy het die meeste van sy leeftyd daar deurgebring.

Hy sê hy sal vir die res van sy lewe dankbaar wees teenoor die lugvaartbedryf.

Hy is bemagtig deur kundigheid, ervaring en leierskap, sê hy.

Wat hy die meeste sal mis, is die opstyg en land van vliegtuie.

Samson het hom bedank en gesê passasiers en kollegas sal hom mis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!