Van Coke tot Huggies: 10 beste handelsname
Van Coke tot Huggies: 10 beste handelsname

Van Coke tot Huggies: 10 beste handelsname

Daar is agt kategorieë vir verbruikersprodukte wat vinnig verkoop, waarvan die grootste verpakte voedsel is.
William Horne – Die name op die lys van die top- internasionale handelsmerke lyk dalk nou nog effens bekend, maar dit gaan waarskynlik nie lank so wees nie.

Dit is veral die veranderende gesindheid oor die gebruik van suiker, asook die markte in Asië wat uitbrei, wat kan lei tot vreemde name op die lys.

Euro Monitor het pas sy verslag oor die grootste handelsmerke op grond van verkope in 2017 uitgereik en daarvolgens kan die veranderinge reeds gesien word.

Die konsep van “monogame” handelsmerke begin ook sy invloed wys. Dit is produkte wat net in een land verkoop word, maar weens die enorme verkope daar is die produkte steeds hoog op die lys van die top-100.

Dit is hoofsaaklik te danke aan die enorme groei in markte in die ontluikende Asië en veral China, meen Euro Monitor.

“Die belangrikheid van dié streek word daardeur beklemtoon dat daar ’n hele klompie monogame mega-handelsmerke in die hoër vlakke van die top-100 is,” sê Euro Monitor in sy verslag.

Daar is agt kategorieë vir verbruikersprodukte wat vinnig verkoop. Die grootste is verpakte voedsel. Dan volg skoonheidsprodukte en produkte vir persoonlike higiëne, en koeldrank.

Die kategorie vir verpakte kos het 41% van die top-100-handelsmerke, en drie van die toptien is monogame handelsmerke uit China.

Die tien tophandelsmerke vir verpakte voedsel is:

1. Lay’s

2. Kellogg’s

3. Mengniu Dairy

4. Yili

5. Wrigley’s

6. Arawana

7. Kraft

8. Cadbury

9. Kinder

10. Knorr

“Mengniu, Yili en Arawana dui op die invloed van China, die enigste land waar dié produkte verkoop word.

“Die Asies-Pasifiese streek is ook verantwoordelik vir die grootste persentasie van dié produkte per streek, met byna $3 uit elke $10 wat in daardie streek bestee word.

“Noord-Amerika en Wes-Europa verteenwoordig elkeen net meer as ’n vyfde van die totale besteding,” sê Euro Monitor.

Die tien tophandelsmerke algeheel is grootliks onveranderd, maar Euro Monitor sê dit sal dalk nie lank so bly nie.

So lyk die tien tophandelsmerke ter wêreld, met die geskatte waarde tussen hakies:

1. Coca-Cola ($35 – $45 miljard)

2. Pepsi ($10 – $15 miljard)

3. Nescafé ($10 – $15 miljard)

4. Lay’s ($10 – $15 miljard)

5. L’Oréal ($10 – $15 miljard)

6. Red Bull ($10 – $15 miljard)

7. Pampers ($10 – $15 miljard)

8. Tide/Ariel ($10 – $15 miljard)

9. Nivea ($10 – $15 miljard)

10. Huggies ($10 – $15 miljard)

Luidens die verslag is daar nog nie noodwendig mededingers vir al tien die tophandelsmerke uit die Asies-Pasifiese streek nie, maar ander faktore begin ook ’n uitwerking op die lys te hê.

Coca-Cola is al geruime tyd die tophandelsmerk en behou sy plek met ’n enorme voorsprong.

“Dit sou die gesamentlike verkope van die produkte in die tweede, derde en vierde plek verg om gelyk met Coca-Cola te wees. Verkope net in Oos-Europa sou van Coca-Cola ’n top-100-handelsmerk maak, ondanks die feit dat dié streek maar op vier na sy belangrikste streek is.”

Veranderende neigings onder verbruikers en wetgewing oor suikerinhoud is egter besig om sy verkope te knou. In Mexiko, Coca-Cola se grootste enkele mark, het ’n suikerbelasting in 2014 gelei tot ’n daling in verkope van meer as 20% in die Suid-Amerikaanse streek wat verantwoordelik is vir 40% van al Coca-Cola se verkope.

“Verbruikers se wegbeweeg van suiker het ’n beduidende invloed op die mega-handelsmerke gehad. Terwyl die boonste twee handelsmerke op die lys – Coca-Cola en Pepsi – onveranderd is sedert 2014, lê daar uitdagende jare en beslis ’n moeiliker toekoms vir hulle voor,” sê Euro Monitor. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!