Van Schalkwyk skuldig aan strafbare manslag

Misdaad
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Byna vyf jaar nadat ’n motorongeluk die lewe van ’n matriekmeisie geëis het en die saak vir ’n wyle van die hofrol verwyder is, is die bestuurder van die voertuig skuldig bevind.

Jacobus van Schalkwyk is in die Windhoekse streekhof in Katutura deur landdros Alexis Diergaardt skuldig aan strafbare manslag bevind, ná die dood van die 18-jarige Dunja von Dewitz in die vroeë oggendure van 15 Oktober 2016 in ’n motorongeluk.

Haar vriend, RJ Visser, is ernstig in die ongeluk beseer. Van Schalkwyk is in Desember 2016 van strafbare manslag aangekla en dat hy in of naby Mandume Ndemufayoweg onregmatig en deur nalatigheid die dood van Dunja veroorsaak het.

Volgens die aanklaer in die saak, mnr. Filemon Nyau, is die saak tot vandag vir versagting en verswaring vir vonnisoplegging uitgestel.

RJ se ma, me. Alieta Wiese, het in reaksie op die skuldigbevinding erken die gesin is “verlig dis verby”. RJ het permanente skade in die ongeluk opgedoen en het voortdurend opvolgbehandeling nodig. Sy ouers kon ook nie van die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) eis omdat die saak nie afgehandel was nie.

Dunja se ouers, mnr. Jochen en me. Erna von Dewitz, eis intussen ook saam met Visser se ouers, me. Alieta en Werner Wiese, byna N$11 miljoen van Van Schalkwyk in ’n skadevergoedingseis. Van Schalkwyk se ouers, mnr. Piet en me. Liezl van Schalkwyk, is die tweede en derde respondente.
[email protected]

FOTO’S
RJ Visser is ernstig beseer in die ongeluk waarin die 18-jarige Dunja von Dewitz in 2016 gesterf het. FOTO ARGIEF

Jacobus van Schalkwyk is aan strafbare manslag skuldig bevind. FOTO ARGIEF

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!