Vandag op die NSX: NamBrew, FNB sluit effe laer
Jo-Maré Duddy – Namibia Breweries Ltd en FNB Namibia Holdings moes vandag beide tevrede wees met ‘n sluitingsprys wat 1c per aandeel laer as dié van gister was.
NamBrew het vanmiddag op N$30,99 per aandeel op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) gesluit, terwyl FNB Namibia op N$47,48 stuk geëindig het.
Capricorn Investment Group, daarenteen, se sluitingsprys van N$17,65 was 1c stuk stewiger as dié van gister.
Altesaam N$83 671 se aandele – almal dié van bogenoemde maatskappye – het vandag in totaal op die plaaslike indeks verhandel teenoor N$17 572 gister.
Totale maatskappyverhandeling was soos volg: FNB Namibia (N$37 414); NamBrew (N$30 990) en Capricorn (N$15 267).
Die plaaslike indeks het vanmiddag op 561,03 punte geëindig, 0,01% laer as gister.
Op die algehele indeks van die NSX het bykans N$158,7 miljoen se aandele in totaal vandag van hande verwissel vergeleke met sowat N$23,5 miljoen gister. Dié indeks het vandag met 0,19% teruggesak en op 1 124,07 punte gesluit. Die JSE se indeks van alle aandele het vandag met 0,93% gedaal.
Paladin Energy Ltd, wat vandag sy jaarresultate vir die halfjaar tot einde Desember 2016 vrygestel het, was ondanks ‘n netto verlies opnuut die grootste wenner op die NSX. Dié meerderheidsaandeelhouer in die Langer Heinrich-uraanmyn het vanmiddag op N$1,72 per aandeel gesluit, 10c stuk of 6,2% hoër as gister.
MediClinic International Plc was vir tweede opeenvolgende dag die grootste verloorder op die NSX. Dié groep het vandag op N$135,89 per aandeel gesluit, 1,4% laer as gister. Astoria Investments Ltd het ook met 1,4% teruggesak en op N$13,13 per aandeel geëindig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie