Vangs van 'n leeftyd
Otis Daniels - Min het Rudie Swartz geweet wat hy en 'n vriend uit die water sou haal toe hulle Vrydag by Langstrand vir haaie gaan hengel het.
In plaas daarvan om sy vangs met lyn, hoek en aas uit te trek, het Rudie en Werner van Riet vermoedelik 'n kortbek-speervis of witmarlyn met hul kaal hande uit die water gehaal.
“Ek het aanvanklik gedink dit is 'n haai en toe 'n groot stuk aas na hom gegooi,” sê Rudie.
“Die vis het in sirkels in vlak water geswem en toe ek sien hy ignoreer die aas, het ek besluit om ondersoek in te stel.”
Tot sy verbasing ontdek Rudie toe dit is nie 'n haai nie.
“Dit was 'n baie vreemde vis met 'n spiesagtige uitsteeksel aan die voorkant van sy kop. Ons het in die water gespring, die vis met ons kaal hande gevang en na die wal getrek. Ek het al 'n paar lekker groot visse gevang, maar niks van dié aard en nog nooit op só 'n manier nie.”
Die hele episode met die spartelende vis is verfilm en het op sosiale media beland.
Volgens Rudie, wat al vir langer as 35 jaar 'n ywerige hengelaar is, was die vis erg beseer en het hy verskeie vishoeke in sy maag gehad.
“Ek dink iets soortgelyks het met die tuna gebeur wat hengelaars in Sandvishawe opgemerk het. Dié het 'n dag daarná dood uitgespoel.”
Die Namibiese Dolfynprojek het Rudie gevra om 'n stuk van sy vangs se rugvin en 'n stuk vleis van die vis aan hulle te voorsien sodat toetse kan bepaal aan watter spesie die vis behoort.
Rudie het sy skaars vangs gevries voor hy dit gaan opsny en braai.
“Ek weet hoe die vis smaak, want ek het dit voorheen op Richardsbaai, in Suid-Afrika, geproe. Dit bied 'n uitsonderlike en smaaklike eetervaring en jy kry dit selde op die rakke in ons winkels,” sê hy.
Leon Krause, eienaar van 'n hengelwinkel op Hentiesbaai, sê hengelaars sal alles gee vir 'n vangs soos die.
“Dit is selde dat so 'n vis in ons waters gevind word, en die vangs is beslis 'n droom vir elke hengelaar. Die manier waarop hy dit gedoen het, is ook uitsonderlik.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie