Varktjops
Varktjops wat oor warm kole lekker bros gebraai is, is heerlik!
Bestanddele
4 takkies roosmaryn, fyngekap
250 ml suiwer lemoensap
4 knoffelhuisies, fyngekap
45 ml gerookte paprika
60 ml heuning
150 ml olyfolie
’n knippie saffraan
12 varktjopssout en varsgemaalde swartpeper
Metode
Meng al die bestanddele vir die marinade saam. Pak tjops in ’n vuurbestande glasbak en geur goed met sout en peper. Gooi marinade oor en maak bak toe met kleefplastiek. Laat marineer 8 uur in yskas, maar verkieslik oornag. Kry kole mediumwarm en braai tjops stadig tot goudbruin en gaar terwyl jy dit elke nou en dan omdraai. Plaas tjops terug in marinade sodra dit gaar is. Plaas die bak met tjops op die kole en bring tot net onder kookpunt. Sit dadelik voor. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie