Vat ’n gaping by Otjihase!
Enduro
Tielman van Lill
Die sesde en voorlaaste been van die Blue Chip Spraypainting Namibiese nasionale enduro-kampioenskap word Saterdag oos van Windhoek naby die Otjihase-myn aangebied.
Hoewel dit op papier lyk of sekere jaers reeds die kampioenskap in hul onderskeie klasse ingepalm het, kan enige iets nog gebeur wat die voorlopers pootjie om ryers in die tweede en derde posisies ’n gaping na die titel te gee.
Met deelnemers wat 20 punte vir ’n klasoorwinning, 17 vir ’n tweede posisie en 15 vir ’n derde plek kan losslaan, gaan die kompetisie uiters straf wees.
Jaers sal alles in die stryd werp om die resies te voltooi en ’n DNF-uitslag (Did Not Finish) is ’n groot nee in die laaste twee kompetisies vir broodnodige kampioenskapspunte.
Ope klas: Henner Rusch (KTM) is met 94 punte so te sê klaar die nasionale kampioen, maar Günther Gladis (62) staan nog ’n kans om die titel syne te maak – mits Rusch geen punte in die laaste twee byeenkomste verdien nie.
Daar word egter verwag dat die stryd eerder tussen Gladis, Nickle Visser (45) en Kai Hennes (40) vir die tweede en derde posisie in die kampioenskap gaan woed.
Marcel Henle wat ná net drie byeenkomste met 57 steeds derde op die punteleer is, het vroeër vanjaar ’n knieoperasie ondergaan en sal nie Saterdag deelneem nie. Henle het by Omakwara en Uis gewen en by Lichtenstein ’n tweede plek behaal.
Meesters: Vir die ouer garde (38 jaar plus) is die kampioenskap nog wawyd oop met Martin Kruger (78 punte), Werner Wiese (74) en Jorn Greiter (69) in die eerste drie posisies op die punteleer.
’n Kortkop agter hulle is Ronald Geiger (54) en Wayne Schablinkski (52) wat met ’n goeie skeut geluk en vernuf in die laaste twee byeenkomste die voorlopers kan verbysteek. Veral Greiter, die 2017-meesterskampioen, sal sy merk wil maak en kan gerus dopgehou word.
Ondersteuningsklas: Oliver Rohrmuller het vanjaar met drie tweede, een derde plek en ’n oorwinning in sy laaste byeenkoms by Otjihase, 86 kampioenskapspunte ingesamel om 20 punte voor Jurgen Gladis (66) die aanslag op die kampioenskap te lei.
Jaco Husselmann met 59 is in die derde posisie, terwyl Rian Kritzinger vierde met 47 en Quinton van Rooyen vyfde met 41 is. Die groot kompetisie lê opnuut tussen die laasgenoemde vier jaers vir die algehele tweede en derde posisies. Gladis is die verdedigende 2017-kampioen en sal alles in sy vermoë doen om weer suksesvol te wees.
Beginners: Met nagenoeg 25 deelnemers in dié gewilde afdeling het JL Opperman vanjaar met vier oorwinnings sy klas gewys om met 80 punte voor te loop.
Die groot kompetisie Saterdag sal egter weer tussen Rhys Cragg (tweede met 67) en André Marais (derde met 66) wees, met Paul Oosthuizen (44) en Axel Foerster (35) wat mekaar ook gaan opdreun.
Oppermann was ongelukkig om met die laaste byeenkoms nie klaar te maak nie en het geen punte by Otjihase ingesamel nie. Met 40 punte wat oor die laaste twee bene beskikbaar is, kan Cragg nog vir Opperman skrikmaak, maar of Oppermann hiervoor te vinde is, is ’n ander storie.
Ontwikkelingsklas (9 tot 14 jaar): Dylan Hilfiker is tans met 95 punte die voorloper met André Barnard (62) tweede, terwyl Levin Quinger asook Zoe Waldschmidt beide 50 punte het.
Inskrywings vir Saterdag het reeds Woensdag om 20:00 gesluit. Organiseerders begin Saterdag om 07:30 met registrasie en jaers kan enige tyd van 09:00 die sand laat spat.
Vir meer inligting kan die klub se kuberkantoor by www.namibianenduro.com besoek word, of op Facebook (Namibian Enduro Club).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie