Veldbrand verwoes 7 000 ha se weiveld
Ronelle Rademeyer - ‘n Veldbrand wat Vrydag omstreeks 12:00 op die plaas Keizen naby Summerdown uitgebreek het, is eers Sondagmiddag onder beheer gebring nadat dit na vier ander plase versprei het.
Me. Henriëtte le Grange wat saam met haar man, Lourens, op Keizen boer, se die veldbrand het na die buurplase Halseton, Alaska, Glen Orkie en Lauzuts versprei en nagenoeg 7 000 ha se weiveld is verwoes.
Die Le Granges was in Suid-Afrika waar hulle die Aldam-veeskool naby Kroonstand bygewoon het toe die brand ontstaan het.
“Dit is deur ‘n sterk noordewind aangedryf en is eers so drieuur Sondagmiddag geblus.”
Sy sê op die plaas Halseton is twee jaar terug op groot skaal ontbos en die lang gras en baie droë hout het bygedratot die verspreiding van die brand na aangrensende plase.
Le Grange sê dit is nog nie bekend hoe die brand op hul plaas ontstaan het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie