Venaani: 'Sona moet Sona wees'
Pres. Hage Geingob se toespraak verlede jaar oor die stand van die nasie het nie aan die vereistes van 'n staatsrede voldoen nie, sê die leier van die amptelike opposisie.
Estelle de Bruyn - Fel kritiek teen die wyse waarop pres. Hage Geingob in 2016 klaarblyklik sy grondwetlike plig met die lewering van sy jaarlikse stand van die nasie toespraak (Sona) ontduik het, is deur die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, uitgespreek.
Volgens Artikel 32 (2) van die Grondwet moet die president jaarliks aan die parlement verslag doen oor die toekomstige beleid van die regering, terugvoer gee oor die beleid van die voorafgaande jaar en beskikbaar wees vir vrae.
“Wat met die staatsrede gebeur is dat die president 'n lang toespraak voorlees en dan die geleentheid vir enkele vrae aan die opposisie bied,” sê Venaani.
Hy sê Namibië is die enigste parlement in die Suider-Afrikaanse streek wat nie reëls vir die Sona het nie.
“Die president maak dikwels 'n politieke grap van die vrae. In Botswana en Suid-Afrika is daar 'n staatsrede en dit word ook gevolg deur 'n debat. Ons het geen reëls vir gesamentlike sittings van die twee huise van die parlement nie,” sê Venaani.
Hy wil graag hê die gewone parlementêre reëls moet ook vir dié besondere sessie geld.
Voorts sê Venaani hy was teleurgesteld ná verlede jaar se Sona.
“Dit was nie 'n Sona nie, maar eerder die bekendstelling van die Harambee-plan vir voorspoed. Hy het geen terugvoer gegee oor die stand van sake in die land nie. Hy moes ons ingelig het oor die probleme wat die land ondervind en wat die regering doen om dit die hoof te bied,” het Venaani bygevoeg.
Hy het ook die Speaker, prof. Peter Katjavivi, gekritiseer, wat op sy eie besluit het om elke party tot drie vrae aan die president te beperk.
Venaani sê die Grondwet plaas geen beperking op die aantal vrae wat aan die president gevra mag word nie. Voorts is daar geen grondwetlike beperking op wie die vrae mag vra nie.
Venaani meen elke lid van die Huis het die reg om vrae te vra en dat daar geen tydsbeperking behoort te wees nie. Volgens hom behoort die vraagsessie etlike ure en selfs etlike dae in beslag te neem.
Venaani sê Geingob het verlede jaar se vraagsessie gebruik om die DTA te beledig en het 'n bespotting van hul vrae gemaak.
“In die dae van Nujoma en Pohamba moes hulle papiere gegee word om in staat te wees om die vrae te beantwoord, maar nou het ons 'n president met 'n doktorsgraad wat sê hy weet wat in die land aangaan,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie