Verbrandingsaanleg binnekort in gebruik geneem
Tanja Bause - Die nuwe verbrandingsoond en outoklaafaanleg vir die vernietiging van gevaarlike mediese afval (HCRW) is vanweë die moderne tegnologie daarvan die enigste van sy soort in Afrika.
Die aanleg is deur die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vaste afval op sy perseel in die noordelike nywerheidsgebied teen ’n koste van N$70 miljoen opgerig.
Volgens mnr. Stellio Tsauseb, die afdelingsingenieur vir stortingsterreine, bestaan die aanleg uit twee afdelings.
“Die outoklaafafdeling sal sowat 90% van die HCRW verwerk. Hier word die afval met stoom gesteriliseer. Die afval word daarna deur ’n masjien in fyn stukkie opgekerf. Die materiaal word in houers geplaas en by die Kupferberg-stortingsterrein afgelaai,” het hy gesê.
Die verbrandingsoond sal onder meer anatomiese, farmaseutiese en sekere chemiese afval verbrand.
Dit sal die enigste goedgekeurde aanleg vir die verwerking van mediese afval wees, met alle private gesondheidsgeriewe wat volgens wet verplig word om hiervan gebruik te maak.
Risiko-afval uit die omliggende gebiede soos Gobabis, Okahandja en Rehoboth sal in die toekoms ook hier verwerk word. Die grootste gebruiker van die aanleg sal die staats- en private hospitale wees. Ander gebruikers sluit klinieke, laboratoriums, algemene praktisyns, tandartse en spesialiste in.
“Die aanleg sal op ’n kosteverhalingsbasis bedryf word wat beteken instansies wat dit gebruik, sal daarvoor moet betaal,” het Tsauseb gesê.
Na verwagting sal beide geriewe in Maart volgende jaar in bedryf geneem word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie