Verbruikers onder druk
Verbruikers onder druk

Verbruikers onder druk

Verbruikers is steeds onder aansienlike druk te oordeel aan kleinhandelreuse se flou Kersverkope.
Estelle de Bruyn
Nellie Brand-Jonker



Verskeie redes word vir die gedempte plaaslike Kersverkope aangevoer – van strawwer regulasies vir kredietverlening tot hoër inflasie.

Dit lyk nie of Massmart, moedermaatskappy van Game, Makro en Builders Warehouse, 'n baie goeie Kersfees gehad het te oordeel aan sy verkoopsyfers nie.

Dít volg kort op die hakke van 'n handelsverklaring van die klerekleinhandelaar Truworths wat aandui hy verwag dat sy wins vir die halfjaar tot 25 Desember soveel as 6% laer kan wees as in dieselfde tydperk 'n jaar tevore. Daarby het Woolworths se klante in die ses maande tot einde Desember ook minder kos en klere as in die ooreenstemmende halfjaar gekoop.

Die uitsondering is The Foschini Group (TFG) wat in sy handelsverklaring sê sy verkope het in die Kerstyd – van 27 November tot 24 Desember – bo verwagting met 14,6% gestyg.

Dié goeie groeisyfers sluit egter die vertoning van sy oorsese winkels in – waar verkope met 47,9% in Britse pond gegroei het.

Daarenteen het verkope in Suid-Afrika en die res van Afrika met 11,5% gestyg.

“Toenemende druk op verbruikers weens stygende inflasie, veral kospryse,­ swak indiensnemingsvlakke en gedempte reële groei in inkomste, het nadelig op ons vertoning ingewerk,” het Truworths onlangs gesê,

Die nadelige uitwerking van inflasiegroei kan ook in Massmart se syfers gesien word. Sy omset het in die jaar tot einde Desember met 7,7% tot R91,2 miljard gestyg.

Dit is stadiger as sy verkopegroei in die vorige boekjaar en die inflasie op sy produkte was baie hoër.

In vergelykbare winkels, dus uitgesluit nuwe winkels wat in die jaar geopen is, het die groepverkope met 5,4% gestyg.

Die inflasie op sy produkte was 6,7%. (Dit is gegrond op 'n mandjie van produkte wat Massmart meet om te bepaal met hoeveel hul pryse teenoor die vorige jaar gestyg het.)

Massmart se handelsoorsig wys verbruikers het minder produkte in die afgelope 52 weke gekoop as in die vorige jaar. As die inflasiesyfer hoër as die verkope in vergelykbare winkels is, beteken dit volumes het gedaal.

Massmart sê in kommentaar 'n “effense versnelling” in verkopegroei in Suid-Afrika is in die onlangse paar weke ervaar, maar in lande in die res van Afrika het die groei 'n voortgesette daling getoon.

Op sy beurt sê The Foschini Group (TFG) hy het op al sy produkte, maar veral op klere, 'n sterk verlangsaming in groei gesien.

Inflasie op sy produkte het in die nege maande gemiddeld 8,5% beloop (en 7,5% in die ooreenstemmende nege maande).

As prysstygings buite rekening gelaat word, het verbruikers dus in die afgelope nege maande minder produkte gekoop as in die ooreenstemmende tydperk in vergelyk­bare winkels.

Veral kredietverkope het stadig gegroei (2,7%).

TFG, met Suid-Afrikaanse winkels soos Foschini, Markham, Fabiani, American Swiss, Sterns, Mat & May, Totalsports, Sportscene en DueSouth­ in sy stal, het hom reeds voorheen uitgelaat oor hoe negatief hy geraak word deur nuwe wetgewing oor kredietverlening wat in 2015 in werking getree het.

Suid-Afrikaanse kleinhandelaars van klere en meubels steun swaar op kredietverlening om verkope te stimuleer.

Woolworths se handelsoorsig, wat verlede Donderdag uitgereik is, toon klante het minder items as in die ooreenstemmende ses maande van 2015 gekoop.

In geheel het die groep se verkope ook stadiger as verlede jaar met 6,7% gestyg. (Dit het in die vorige jaar met 17% gestyg.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!