Verkeerde keuses
JA ROSSOUW SKRYF:
Na die busongeluk naby Mariental het die begrip “die wil van God” weer onder bespreking gekom.
Mense is geneig om wanneer iets negatief gebeur dit aan die wil van God toe te skrywe, of selfs die rede waarom God dit toegelaat het as liefdeloosheid te sien en die wil van God te bevraagteken.
As ons die Bybel, die Woord van God, bestudeer, sien ons dat daar twee rye spore is. God gee elkeen ’n vrye keuse om te kies watter een van die twee rye spore ons wil volg.
Adam en Eva was volmaak na die beeld van God geskape en het ’n intieme verhouding met God gehad. Die sondeval was beslis nie die wil van God nie, dis ’n foutiewe keuse wat die mens gemaak het en wat katastrofiese gevolge gehad het.
Josef se broers het hom gehaat en hom as slaaf verkoop. Dit was beslis nie God se wil nie, maar God het nie ingegryp omdat dit nie Sy wil was nie. Toe sy broers tydens die hongersnood na Egipte gegaan en koring gekoop het, het hulle besef dat God van hulle misdaad weet, maar Hom daarvoor verwyt: "Toe het hul harte gebewe en hulle draai verskrik na mekaar toe en sê: Wat het God ons nou aangedoen?" (Gen. 42:28b)
Is dit nie wat baie mense/gelowiges vandag doen nie?
Josua het voordat hy gesterf het die volk bymekaar geroep en hulle voor die keuse gestel: "Vrees dan nou die Here en dien Hom in opregtheid en waarheid . . . Maar as dit verkeerd is, om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: of die gode wat julle vaders aan die oorkant van die Eufraat gedien het, of die gode van die Amoriete in wie se land hulle woon, maar ek en my huis sal die Here dien." (Jos. 24:14-15 OAV.)
Die regte keuse maak jou ’n kind van God. Sy beloftes is ja en amen.
"Kyk, Ek het die smid geskape wat die kool vuur aanblaas en ’n wapen voortbring volgens sy ambag, ook het Ek die verderwer geskape om te verniel. Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie, en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here." (Jes. 24:16-17 OAV)
Ons sien hoedat Satan Job by God aankla en die geloof en Godvrug van Job toeskryf aan die feit dat God hom voorspoedig gemaak het. Satan beweer dat as God alles wat Job het aan sou tas, Job God in Sy gesig sou uitvloek. (Job 1:10 NV) God laat Satan toe om te Job versoek. Job verloor alles, maar Job het egter met die hulp van God sy geloof behou, het oorwin en God het hom geseën.
Josua, die hoëpriester, word deur die Satan beskuldig, maar deur God geregverdig. (Sag. 3:1–4)
Gelowiges van ons eie tyd, kan ook getuig van God se oneindigende liefde, genade, beskerming en getrouheid. Hy neem ons vuil klere weg en beklee ons met skoon en rein feesklere.
Israel is God se uitverkore volk. God het hulle Sy Wet, Sy Verbond, geestelike leiers, priesters, profete en konings gegee. Tog het hulle aangehou om heidense afgode te aanbid en selfs hulle kinders aan hierdie afgode te offer. Was dit God se wil?
Alle aardse gesag is ’n verlengstuk van God se gesag. In ons ouerhuise word ons geleer wat reg en verkeerd is. Ons leer om ons land se wette te gehoorsaam. Ons leiers is ook onderworpe aan die gesag van God en moet ons daarin ’n voorbeeld wees. Ons en ons leiers het ’n keuse om dit te gehoorsaam en as ons dit nie doen nie, is dit dan die wil van God?
Ons leef in die laaste dae. In 1 Tim. 4:1–5 word die groot afval van die geloof, wat in ons tyd plaasvind, duidelik uitgespel. Die interpretasie van die Bybel is in baie gevalle in ’n doodloopstraat, omdat "'n nuwe geslag liberale teoloë nie die Bybel letterlik lees of noodwendig aanvaar wat daarin staan nie, maar dit nou lees met ’n post-moderne bril, waar jy alles kan wegredeneer, wegfilosofeer of wegmetaforiseer op grond van nuwe insigte en moderne sielkunde." (Kerkbode 19 Julie 2019 bladsy 9)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie