Verkiesing in Zim: Wat jy moet weet
Daar is 130 geregistreerde politieke partye in Zimbabwe waarvan 57 aan die verkiesing gaan deelneem.
Met nog net 'n paar dae oor voordat Zimbabwiërs Maandag hul kruisies gaan trek in dié land se eerste nasionale verkiesing ná die Robert Mugabe-era, loop verkiesingskoors hoog.
Om saam te kan praat, is daar 'n paar dinge wat 'n mens oor dié verkiesing moet weet:
• Daar is 23 presidensiële kandidate – onder wie pres. Emmerson Mnangagwa, leier van Zanu-PF, en Nelson Chamisa, leier van die Movement For Democratic Change (MDC), wat die twee grootste politieke partye in die land verteenwoordig.
• Daar is 130 geregistreerde politieke partye in Zimbabwe waarvan 57 aan die verkiesing gaan deelneem.
• 'n Span van die Statebond wat in die land is om die verkiesing te monitor, is deel van 'n groot aantal onafhanklike waarnemers daar. Regslui en kenners van menseregte is deel van die span. Zimbabwe het hom in 2003 aan die Statebond onttrek, maar Mnangagwa het in Mei aan die sekretaris-generaal geskryf om 'n proses van hertoelating te begin. Die finale verslag van die waarnemersgroep sal bydra tot die sekretaris-generaal se informele ontleding oor of Zimbabwe hertoegelaat sal word of nie.
• Chamisa het vroeër kommer uitgespreek oor veiligheid rondom die stembriewe, het EWN berig. Ná 'n vergadering tussen politieke partye en die Zimbabwiese verkiesingskommissie verlede week het 'n waarnemersgroep van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gesê hulle is besorg oor die geldigheid van die proses.
• Die BBC het Dinsdag berig daar is toenemend berigte oor intimidasie van kiesers en dreigemente van geweld. Die menseregtekantoor van die Verenigde Nasies het luidens dié berig daarop gewys dat mense van landelike gebiede gedwing word om politieke saamtrekke by te woon.
• Chamisa het partylede Woensdag op 'n nuuskonferensie aangemoedig om in hul massas aan die verkiesing deel te neem nadat die party 'n noodvergadering gehou het om te besluit of hy die verkiesing moet boikot of nie oor die stembriewe, het eNCA berig.
• 'n Meningspeiling deur Afrobarometer toon dat Mnangagwa 40% van die stemme gaan kry en Chamisa 37%.
• Die uitslag van die verkiesing sal nie later nie as 4 Augustus aangekondig word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie