VERKIESINGS 2019: Ekonomie, nywerheid en handel
Die reeks vergelyk partymanifeste wat sleutelkwessis in Namibië betref.
ALL PEOPLE’S PARTY (APP)
• Besighede moet 50% van inkomste plaaslik belê
• Verbreed eienaarskap in privaatsektor (bv. banke, versekering, finansiële dienste)
• Nasionale minimumloon
• Vergemaklik visums, werkspermitte en toegang vir ontwikkeling
• Skakel burokrasie uit
• Belastingstelsel wat beleggings aanmoedig
• Skep ‘n dienskultuur
• Kommersialiseer openbare ondernemings (SOE’s)
• Navorsing en plaaslike ontginning
• Ontsluit geleenthede in Afrika en die buiteland
• Vermy eksploitasie weens globalisering en neo-imperialisme (uit die Weste en Ooste)
LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)
• Nuwe, proggressiewe makro-ekonomiese en nywerheidsbeleid
• Verminder skuldlas tot minder as 30% van BBP
• Belastingaansporing vir SME’s
• Belê meer in arbeidsintensiewe sektore
• Hersien handelsbeleid
• Kollektiewe swart ekonomiese bemagtiging (BEE)
• Groter fokus op vrye handel binne SADC en Afrika
• Beleggingsvriendelike beleid met plaaslike eienaarskap
• Herbeoordeel beskerming van plaaslike nywerhede
• Plaas ontwikkeling van landbou- en voedselnywerhede op die sneltrajek
• Ruk SOE’s reg met duidelike verantwoordelikhede
NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)
• Nywerheidsontwikkeling in alle streke
• Skep ‘n kommissie vir minerale en hulpbronontwikkeling wat beheer uitoefen en verseker alle inwoners trek voordeel
• Plaaslike waardetoevoeging tot minstens 50% van hulbronne
NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)
• Ekonomie moet mededingend wees en relevant in die streek
• Sosialistiese welsynstaat met sentrale beheer van die ekonomie en gratis noodsaaklike dienste
• Opregte ekonomiese transformasie en bemagtiging
• Mengsel van nasionalisering en markgedrewe ontwikkeling
• Infrastruktuurgedrewe ekonomie
• Staatsuiwel-, pluimvee- en voedselplase in elke streek
• Medisynefabrieke
• ‘n Olierafinadery in die Kunenestreek wat ruolie uit Angola verwerk
POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)
• Sterker, meer produktiewe, meer diverse, tegnologiese gedrewe en gedesentraliseerde ekonomie
• Laer belastings (ook vir maatskappye), doeltreffender en kleiner openbare sektor, meer produktiewe sakesektor en SME’s wat werk
• Insluiting/inklusiwiteit en geregtigheid is die eerste prioriteit
• Vaardighede en mededinging dryf ontwikkeling
• Identifiseer 22 sleutelbedrywe vir ontwikkeling
• Nasionale besparingsoudit om skuld te verminder
• Minstens een mededingende nisnywerheid in elke kiesafdeling
• Dinamiese dienssektor
• Nasionale minimumloon
• Skakel duplisering en burokrasie uit en hervorm SOE’s
• Makliker tenderproses vir kleiner, meer bekostigbare, onderverdeelde tenders
• Plaaslike waardetoevoeging tot hulpbronne kan BBP verdubbel
• Klem op landbou- en voedselnywerhede – belê minstens 4% van BBP hierin
• Ontsluit “dooie kapitaal” in landelike gebiede (vernaam landbou)
• Skep nuwe geleenthede aan die kus; mariene en ander
• Brei houtskoolnywerhede uit
• Skep internasionale markte en nuwe handelsroetes vir plaaslike produkte
• Stel ekonomiese geleenthede voorop in buitelandse beleid
RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)
• Ekonomiese ontwikkeling wat inwoners bevoordeel
• Maksimum direkte en indirekte voordele uit hulpbronne
• Plaaslike waardetoevoeging vir werkskepping en vaardigheidsoordrag
• Herstel ekonomiese balans tussen ryk elite en massas
• Depolitiseer ekonomiese voordele
• Vryemark met beheer oor monopolieë en uitskakeling van misbruike
• Waardetoevoeging in mynbou, visserye landbou e.a. sektore
• Belastingvoordele vir nywerhede
• Staatsfonds vir nywerheidsontwikkeling
• Beskerm plaaslike nywerhede en plaaslike verbruikers
• Soek aktief nuwe markte
• Vaardigheidsoordrag verplig vir beleggers
• Een staatsinstelling wat die sakesektor bedien
• Verwyder rompslomp in die weg van SME’s
• Herdefinieer rol en doelwitte van SOE’s o.g.v. nasionale oudit
• Nuwe wetgewing vir SOE’s
• Hersien vergoeding by SOE’s; geen “jobs for comrades”
SWANU
• Radikale ekonomiese transformasie
• Beveg neo-kolonialisme
• Sosialistiese beheer oor hulpbronne en dienste
• Verpligte maatskaplike beleggings deur beleggers
• Herbeding verhouding met buitelandse maatskappye
• Waardetoevoeging in alle kritieke ekonomiese sektore
• Gratis Internet en Wi-Fi om ekonomie te stimuleer
SWAPO
• Beskerm makro-ekonomiese stabiliteit
• Versterk ekonomie teen plaaslike en internasionale skokke
• Voorkeur aan lenings aan bedrywe wat groei en werk sal skep
• Verbied onwettige uitvloei van kapitaal
• Verdere vermindering van ongelykhede volgens NDP5
• Bevorder ekonomiese diversifisering en plaaslike eienaarskap
• Aanvaar bemagtigingsraamwerk (NEEEF)
• Nywerheidsontwikkeling en waardetoevoeging in veral mynbou
• Ontsluit onbenutte potensiaal van “blou ekonomie”
• Onderhoudsplan vir staatsbates en vervreem/verkoop verouderde en kapitaalintensiewe bates
• Verwyder alle struikelblokke wat sake en handel bemoeilik
• Radikale transformasie en optimalisering van SOE’s
• Bevorder ekonomiese integrasie op alle vlakke
• Identifiseer nuwe geleenthede vir ekonomiese samewerking
• Bevorder marktoegang vir Namibiese produkte, goedere en dienste

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie