Verkiesings 2019: Persepsies oor mediavryheid

Dani Booysen
Christie Keulder – Namibië is die Afrika-land met die vryste media volgens 2019 se Wêreldpersvryheidindeks.

Die land beklee internasionaal die algehele 23ste plek, wat aandui dat daar steeds ruimte vir verbetering is.

Plaaslike politici blameer dikwels die media. Beweringe sluit in dat die media fopnuus versprei en verdeeldheid bevorder. Die nasionale intelligensiediens (NCIS) was onlangs onsuksesvol in hul poging om The Patriot te muilband. Die hoërhof het bevind die betrokke beriggewing was in openbare belang.

President Hage Geingob het al dikwels gesê hy ondersteun mediavryheid.

Beteken dit Namibiërs hoef nie oor mediavryheid bekommerd te wees nie?

In 2017 het 52% van deelnemers aan die Afrobarometer se navorsing gesê daar is meer mediavryheid as tevore. Volgens 16% was die situasie onveranderd.

Grafiek 2 wys egter dat openbare ondersteuning vir mediavryheid besig is om af te neem.

In 2017 het 53% van mense saamgestem dat die regering die reg moet hê om mediavryheid te beperk. Die meerderheid van Namibiërs ondersteun dus beheer oor die media. Die kommerwekkende tendens is dieselfde elders in Afrika.

Dit is nie goed vir demokrasie nie. ‘n Vrye pers is die lewensbloed van ‘n demokrasie. Ons moet dus ekstra versigtig oor die reg waak.

* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor nasionale houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!