Vermeende binnehandel onder vergrootglas
Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het bevestig hy ondersoek moontlike binnehandel wat verband hou met transaksies op die JSE ten tyde van die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies.
Wydverspreide kommer bestaan dat sekere verhandeling op die JSE net voor die kabinetskommeling, binnehandel was, sê David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies in die parlement.
“Daar is 'n mate van omstandigheidsgetuienis wat daarop dui dat dit gebeur het, en dat dit iemand met vooraf kennis van die afdanking wesenlik bevoordeel het.”
Volgens Maynier het hy daarom op 31 Maart die RFD versoek om binnehandel in transaksies op die JSE se markte te ondersoek.
Vrydag 31 Maart is die dag ná die middernagtelike kabinetskommeling deur pres. Jacob Zuma waarin onder meer Gordhan sy pos verloor het.
Volgens Maynier het adv. Dube Tshidi, uitvoerende hoof van die RFD, op 3 April teruggeskryf en gesê hy het Gerhard van Deventer, die hoof van wetstoepassing, opdrag gegee om die kwessie te ondersoek.
ANC-alliansie
Maynier beweer senior amptenare van die ANC-alliansie het vooraf kennis van die afdanking van Gordhan gehad.
“Ons verwelkom die ondersoek deur die RFD oor binnehandel omdat ons moet bepaal of iemand wesenlike voordeel uit die kennis getrek het.”
Die JSE self het Maandag aangekondig hy het moontlike verdagte transaksies by die RFD aangemeld.
Dit is prosedure om alle verhandeling voor 'n groot aankondiging wat die mark beweeg, te ondersoek.
Dit sluit in transaksies wat plaasgevind het voordat Gordhan van oorsee af teruggeroep is terwyl hy besig was om daar met beleggers te vergader.
Dié nuus op Maandag 27 Maart het die markte omgekrap.
Drie dae later, Donderdag om middernag, het Zuma aangekondig hy is uit sy pos verwyder.
Die verhandeling in termynkontrakte op die rand word ook ondersoek.
Die rand het met 2,5% verswak voordat die nuus bevestig is dat Gordhan van oorsee af teruggeroep is.
Voor die tyd het markwaarnemers bespiegel daar is beleggers wat kortverkope van die rand gedoen het, berig Reuters.
Kortverkope verwys na instrumente wat geleen word teen 'n sekere prys, en in die mark verkoop word met die verwagting dat dit later teen 'n laer prys in die mark teruggekoop sal kan word. Die verskil tussen die twee pryse is dan iemand se wins.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie