Vermeende djihadiste brand los in restaurant

Burkina Faso
Vermeende djihadiste het Sondag 'n restaurant in Burkina Faso se hoofstad, Ouagadougou, bestorm en 17 mense doodgeskiet.

Die Wes-Afrikaland se regering het 'n mediakonferensie gehou terwyl polisielede en weermagpersoneel nog op die toneel was om 'n einde aan die aanval te bring.

Volgens 'n ooggetuie wat met Nampa/Reuters gepraat het, het klante van die restaurant, Aziz Instanbul, by die restaurant uitgehardloop terwyl skote gehoor is en veiligheidspersoneel die perseel omring het.

“Dit is 'n terreuraanval,” het Remi Dandjinou, kommunikasieminister, by die mediakonferensie gesê.

'n Vrou wat haar broer se verjaarsdag saam met hom gevier het, het vertel dat sy gevlug het toe die skote begin klap. “Ek het net gehardloop, maar my broer was nog binne.”
– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!